Jon Voight (geb. 29 Desember 1938) is ’n Amerikaanse akteur. Hy is vir vier Oscars benoem, waarvan hy een gewen het, en vir nege Golden Globes, waarvan hy drie gewen het. Voight is die pa van die aktrise Angelina Jolie en akteur James Haven.

Bekendste rolle Voight het in die laat 1960's internasionaal bekend geword danksy sy rol as ’n aspirant-gigolo in Midnight Cowboy (1969). In die 1970's vertolk hy ’n sakeman wat met moord deurmekaar raak in Deliverance (1972), ’n paraplegiese Viëtnam-veteraan in Coming Home (1978), waarvoor hy ’n Oscar vir beste akteur wen, en ’n platsak oud-bokskampioen in The Champ (1979).

Hoewel hy in die 1980's en 1990's in minder rolprente gesien is, het hy groot lof gekry vir sy spel as ’n meedoënlose bankrower in Runaway Train (1985) en ’n gewetenlose prokureur in The Rainmaker (1997). In die 2000's het hy uitstekende spel gelewer as Howard Cosell in Ali (2001), die Nazi-offisier Jürgen Stroop in Uprising (2001) en pous Johannes Paulus II in die TV-minireeks met dieselfde naam (2005).

Persoonlike lewe Voight is in Yonkers, New York, gebore as die seun van Elmer Voight (gebore Voytka) en sy vrou, Barbara. Voight sr. was ’n professionele gholfspeler. Jon het twee broers, Barry en Wesley. Laasgenoemde is bekend as die sanger en liedjieskrywer Chip Taylor. Voight sr. se ouers was Slowaakse immigrante van Košice, toe nog deel van Oostenryk-Hongarye. Barbara se grootouers was van Duitse afkoms.

Voigt jr. het die Hoërskool Aartsbiskop Stepinac in White Plains, New York, bygewoon waar hy die eerste keer in toneelspel belanggestel het en in die skool se jaarlikse musiekblyspel, The Song of Norway, gespeel het. Hy het in 1960 ’n B.A.-graad met kuns as hoofvak aan die Katolieke Universiteit van Amerika in Washington, D.C. behaal. Daarna is hy na New York, waar hy begin toneelspeel het.

In 1962 is Voight met die aktrise Lauri Peters getroud, saam met wie hy in die oorspronklike Broadway-produksie van The Sound of Music gespeel het. Hulle is in 1967 geskei en 1971 is hy met Marcheline Bertrand getroud. Hulle is in 1976 van bed en tafel geskei en in 1980 finaal geskei. Angelina Jolie en James Haven is sy kinders by Bertrand. Voight was verskeie jare lank vervreem van sy kinders, maar ná Bertrand se dood in 2007 het hulle versoen geraak.

Filmografie ’n Paar van sy bekende rolle was: Jaar Titel Rol Notas1967 Fearless Frank Fearless Frank Eerste rolprent Coronet Blue Peter Wicklow TV Hour of the Gun Curly Bill Brocius N.Y.P.D. AdamTV Gunsmoke Cory TV1969 Midnight Cowboy Joe Buck BAFTA vir nuweling Golden Globe vir nuwe ster Laurel vir nuwe gesig National Society of Film Critics-prys vir beste akteur New York Film Critics Circle-prys vir beste akteur Oscar-benoemings vir beste akteur Golden Globe-benoeming as beste akteur in ’n drama Out of It Russ1970 Catch-22 Lt. Milo Minderbinder The Revolutionary A 1972 Deliverance Ed GentryGolden Globe-benoeming 1973 The All-American Boy Vic Bealer1974 Conrack Pat Conroy The ODESSA File Peter Miller 1975 End of the Game Walter Tschanz As John Voight 1978 Coming Home Luke Martin Oscar vir beste akteur Cannes-prys beste akteurGolden Globe vir beste akteur in ’n drama Los Angeles Film Critics Association-prys vir beste akteur National Board of Review-prys vir beste akteur (gedeel met Laurence Olivier New York Film Critics Circle-prys vir beste akteur 1979 The Champ Billy Flynn Golden Globe-benoeming 1982 Lookin' to Get Out Alex Kovac 1983 Table for Five J.P. Tannen 1985 Runaway Train Oscar "Manny" Manheim Golden Globe vir beste akteur in ’n drama Oscar-benoeming 1986 Desert Bloom Jack Chismore 1991 Chernobyl: The Final Warning Dr. Robert Gale TV1992 The Rainbow Warrior Peter Willcox TV The Last of His Tribe Prof. Alfred Kroeber TV Heat Nate 1996 Mission: Impossible Jim Phelps1997 The Rainmaker Leo F. Drummond Golden Globe-benoeming Rosewood John Wright Anaconda Paul Serone Golden Raspberry-benoeming as slegste akteur 1999 Varsity Bud Kilmer2001 Zoolander Larry Zoolander Lara Croft: Tomb Raider Lord Richard Croft Pearl Harbor Franklin D. Roosevelt Ali Howard Cosell Oscar-benoeming Broadcast Film Critics Association-benoeming Chicago Film Critics Association-benoeming Golden Globe-benoeming Uprising Genl.maj. Jürgen Stroop TVPrimetime Emmy-benoeming Jack and the Beanstalk: The Real Story Sigfriend "Siggy" Mannheim TV 2002 Second String Chuck Dichter TV 2005 Pope John Paul II Johannes Paulus II TV Primetime Emmy-benoeming2006 The Legend of Simon Conjurer Dr. Crazx Glory Road Adolph Rupp 2012 Beyond Jon Koski

Verwysings

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Geboortes in 1938 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 20ste eeu Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 21ste eeu