Sir Sidney Poitier, KBEOmdat Poitier ’n burger is van die Bahamas, ’n lid van die Statebond, is dit ’n effektiewe ridderskap (teenoor ’n ereridderskap) wat hom toelaat om die titel "sir" te gebruik. Hy gebruik dit egter net in verband met sy amptelike pligte as ambassadeur. (20 Februarie 1927 - 6 Januarie 2022) was ’n Amerikaansgebore Bahamaanse akteur, regisseur, skrywer en diplomaat.

Hy was in 1964 die eerste swart persoon wat ’n Oscar as beste akteur gewen het,Awards for James Baskett, Internet Movie Database vir sy rol in Lilies of the Field. Hy het dié eer in 1967 gestand gedoen deur in drie suksesvolle rolprente te speel: To Sir, with Love, In the Heat of the Night en Guess Who's Coming to Dinner – dit het hom die suksesvolste ster van die jaar by die loket gemaak. In 1999 het die American Film Institute hom aangewys as een van die grootste sterre van alle tye (no. 22 op die lys van die top-25).

Poitier het verskeie gewilde rolprente geregisseer, soos A Piece of the Action, Uptown Saturday Night, Let's Do It Again (saam met sy vriend Bill Cosby) en Stir Crazy (met Richard Pryor en Gene Wilder). In 2002, 38 jaar ná sy eerste Oscar, het hy ’n ereprys ontvang vir sy "merkwaardige prestasies as kunstenaar en mens".Sidney Poitier awards: Academy of Motion Picture Arts and Sciences awards database

Hy was van 1997 tot 2007 die Bahamas se ambassadeur in Japan. Op 12 Augustus 2009 het die Amerikaanse president, Barack Obama, die Presidensiële Vryheidsmedalje, die VSA se hoogste burgerlike toekenning, aan Poitier toegeken.Artikel 12 Augustus 2009 Washington Post

Vroeë lewe Poitier is in Miami gebore terwyl sy ouers, Reginald James en Evelyn Poitier,Sidney Poitier Film Reference biography op besoek aan Amerika was. Omdat hy in Amerika gebore is, het hy outomaties Amerikaanse burgerskap gekry.Adam Gourmand, Sidney Poitier: Man, Actor, Icon (2004), bl. 8. Hy het op Cat Island in die Bahamas grootgeword en later na Miami verhuis, waar sy ouers tamaties en ander produkte van hul plaas op Cat Island verkoop het.

Op 17-jarige oudersom het hy in New York gaan woon, waar hy ’n skottelgoedwasser was. Hy het daarna by die Amerikaanse weermag aangesluit. Later hy ’n geslaagde oudisie afgelê by die American Negro Theater en in van hul produksies gespeel.Poitier, Sidney. The Measure of a Man. (2000). New York: HarperCollins Publishers

Hollywood Akteur duimnael|Poitier (links) in 1963 by die "March on Washington", saam met sy mede-akteurs Charlton Heston (regs) en Harry Belafonte. Poitier was nie gewild by die American Negro Theater nie omdat hy toondoof was en nie kon sing nie.Goudsouzian; Sidney Poitier; bl. 69, 133 In die volgende ses maande het hy hom daarop toegespits om sukses as akteur te behaal deur sy toneelspel te verbeter en van sy Bahamaanse aksent ontslae te raak. Hierna het hy ’n hoofrol in die Broadway-stuk Lysistrata gekry, waarvoor hy goeie resensies ontvang het. Teen einde 1949 moes hy kies tussen ’n hoofrol in ’n toneelstuk en ’n aanbod om saam met Darryl F. Zanuck te werk aan die prent No Way Out (1950). Hy die rolprent gekies en sy spel het hom verdere rolle besorg – interessanter en groter as die rolle wat in dié tyd vir ander swart akteurs beskikbaar was.

In 1959 was Poitier die eerste swart man wat vir ’n Oscar vir beste akteur benoem is, vir sy spel in The Defiant Ones (1958). In 1964 was hy die eerste swart akteur wat die Oscar in dié kategorie gewen het, vir Lilies of the Field (1963).

Hy het in 1959 in die eerste produksie van A Raisin in the Sun op Broadway gespeel en later dieselfde rol in die rolprentweergawe vertolk wat in 1961 uitgereik is. Hy het ook aandag getrek in The Bedford Incident (1965) en A Patch of Blue (1965). In 1967 het die kommersiële toppunt van sy loopbaan bereik met drie gewilde prente: Guess Who's Coming to Dinner, To Sir, with Love en In the Heat of the Night. In laasgenoemde prent het sy suksesvolste karakter vertolk: dié van Virgil Tibbs, ’n speurder van Philadelphia. Tibbs se latere loopbaan is uitgebeeld in twee opvolgprente, They Call Me MISTER Tibbs! (1970) en The Organization (1971).

Poitier het onder kritiek begin deurloop omdat hy dieselfde, geïdealiseerde swart karakters vertolk sonder enige persoonlikheids- of seksuele foute, soos sy karakter in Guess Who's Coming To Dinner. Poitier self wou meer uiteenlopende rolle hê, maar het ook verplig gevoel om ’n goeie voorbeeld te stel met sy karakters en vorige stereotipes uit die weg te ruim aangesien hy die enigste prominente swart akteur van dié tyd in die Amerikaanse rolprentbedryf was. Hy het juis om dié rede die naamrol in Othello van die hand gewys. In 2002 het hy ’n ereprys op die 74ste Oscar-toekenningsaand gekry vir sy bydrae tot die rolprentbedryf.

Regisseur Poitier was die regisseur van verskeie rolprente, waarvan die suksesvolste die komedie Stir Crazy met Richard Pryor en Gene Wilder was. Dit was jare lank die kommersieel suksesvolste prent wat deur ’n swart persoon geregisseer is.Black Enterprise In die western Buck and the Preacher het hy ook gespeel, saam met Harry Belafonte. Poitier, Bill Cosby en Belafonte het saamgewerk aan Uptown Saturday Night met Poitier as regisseur. Hy het Cosby ook in Let's Do It Again, A Piece of the Action en Ghost Dad geregisseer.

Van 1995 tot 2003 het hy gedien in die direkteursraad van die Walt Disney Company."Actor Takes Center Stage as Disney Trial Grinds On" New York Times, 12 Augustus 2004

Loopbaan as diplomaat Hy was van 1997 tot 2007 die Bahamas se ambassadeur in Japan. Hy was ook die Bahamas se ambassadeur in Unesco.

Filmografie

Akteur Jaar Titel Rol Notas1947Sepia CinderellaEkstraNie op naamrol1949From Whence Cometh My HelpHomselfDokumentêr1950No Way OutDr. Luther Brooks1951Cry, the Beloved CountryEerw. Msimangu1952Red Ball ExpressKpl. Andrew Robertson1954Go, Man, Go!Inman Jackson1955Blackboard JungleGregory W. Miller1956Good-bye, My LadyGates Watson1957Edge of the CityTommy TylerBafta-benoeming vir beste akteur in ’n hoofrol1957Something of ValueKimani Wa Karanja1957Band of AngelsRau-Ru Ponce de Leon1957The Mark of the HawkObam1958Virgin IslandMarcus1958The Defiant OnesNoah CullenBafta vir beste akteur in ’n hoofrolSilver Bear vir beste akteurOscar-benoeming vir beste akteurGolden Globe-benoeming vir beste akteur in ’n drama1959Porgy and BessPorgyGolden Globe-benoeming vir beste akteur – musiekprent of komedie1960All the Young MenSers. Eddie Towler1961A Raisin in the SunWalter Lee YoungerBafta-benoeming vir beste akteur in ’n hoofrol Golden Globe-benoeming vir beste akteur in ’n drama1961Paris BluesEddie Cook1962Pressure PointDokter1963The Long ShipsAly Mansuh1963Lilies of the FieldHomer SmithOscar vir beste akteurGolden Globe-benoeming vir beste akteur in ’n dramaBafta-benoeming vir ’n hoofrolSilver Bear vir beste akteur1965The Bedford IncidentBen Munceford1965The Greatest Story Ever ToldSimon van Sirene1965A Patch of BlueGordon RalfeBafta-benoeming vir beste hoofrolGolden Globe-benoeming vir beste akteur in ’n drama1965The Slender ThreadAlan Newell1966Duel at DiabloToller1967To Sir, with LoveMark Thackeray1967In the Heat of the NightVirgil TibbsBafta-benoeming vir ’n hoofrol, Golden Globe-benoeming vir beste akteur in ’n drama1967Guess Who's Coming to DinnerDr. John Wade Prentice1968For Love of IvyJack Parks1969The Lost ManJason Higgs1970King: A Filmed Record... Montgomery to MemphisVertellerDokumentêr1970They Call Me MISTER Tibbs!Virgil Tibbs1971Brother JohnJohn Kane1971The OrganizationVirgil Tibbs1972Buck and the PreacherBuck1974A Warm DecemberMatt Younger1974Uptown Saturday NightSteve Jackson1975The Wilby ConspiracyShack Twala1975Let's Do It AgainClyde Williams1977A Piece of the ActionManny Durrell1979Paul Robeson: Tribute to an ArtistVertellerKortprent1988Shoot to KillWarren Stantin1988Little NikitaRoy Parmenter1992SneakersDonald Crease1994A Century of CinemaHomselfDokumentêr1996Wild Bill: Hollywood MaverickHomselfDokumentêr1996To Sir, with Love IIMark Thackeray1997The JackalCarter Preston2001Ralph Bunche: An American OdysseyVertellerDokumentêr2004Tell Them Who You AreHomselfDokumentêr2008Mr. Warmth: The Don Rickles ProjectHomselfDokumentêr

Regisseur Jaar Titel1972Buck and the Preacher1973A Warm December1974Uptown Saturday Night1975Let's Do It Again1977A Piece of the Action1980Stir Crazy1982Hanky Panky1985Fast Forward1990Ghost Dad

Verwysings

Eksterne skakels Oorsig oor Sidney Poitier se lewe Artist of the Month: Sidney Poitier by Hyena Productions

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Geboortes in 1927 Kategorie:Sterftes in 2022 Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 20ste eeu Kategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 21ste eeu Kategorie:Amerikaanse diplomate Kategorie:Amerikaanse rolprentregisseurs Kategorie:Amerikaanse rolprentvervaardigers