Die rooikeelkolpensie (Hypargos niveoguttatus) is 'n gelokaliseerde algemene standvoël van digte ruigtes, welige plantegroei en woudrande. Hulle verkies vogtiger habitats as die rooskeelkolpensie en is die broeigasheer vir die groenblouvinkie. Die voël is 13 cm groot en weeg 13 - 17 gram. In Engels staan die voël bekend as die Red-throated twinspot.
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Verwysings
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Kategorie:Kanaries, vinke en streepkoppies