Die Rooistertsaadvretertjie, ook bekend as die Oostelike saadbrekertjie (Pyrenestes minor) is 'n skaars standvoël in struikgewas in vogtige miomboboomveld, ruigtes, woudrande asook in teeplantasies. Snawelgrootte wissel en voëls met groter snawels eet groter saad. Die voël is 14 cm groot en weeg 18 gram. In Engels staan die voël as die Lessor Seedcracker bekend.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Eksterne skakel http://avibase.bsc-eoc.org/species.jsp?avibaseid=A24ED82085D22227

Kategorie:Kanaries, vinke en streepkoppies