Die Angolasysie (Estrilda thomensis) is 'n gelokaliseerde, algemene standvoël en plaaslike nomade in halfdorre savanne en bossieveld. Die voël kom voor by die Kunenerivier waar dit wes van Ruacana maklik langs waterlope gesien word. Die voël is 11 cm groot en weeg 7 - 9 gram. In Engels staan die voël bekend as die Cinderella Waxbill.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Verwysings
Kategorie:Kanaries, vinke en streepkoppies