duimnael|300px|'n Voorstelling deur geel blomme van die "Meesters" se embleem voor die klubhuis duimnael|300px|Die negende (syfer 3) putjie.
Die Amerikaanse Meesterstoernooi (gewoonlik The Masters genoem), of die US Masters buite Noord-Amerika, is een van die vier Grand Slam-Amerikaanse professionele gholftoernooie.HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, Die toernooi word elke jaar in April by die Augusta National Golf Club, 'n privaat gholfklub in Augusta, Georgia, aangebied. Behalwe vir 'n reuse kontantprys, kry die wenner ook 'n besonderse groen sportbaadjie, wat gesog is onder professionele gholfspelers.
Die toernooi het 'n paar tradisies. Die Kampioene-dinee, wat in 1952 deur Ben Hogan ingewy is, word die Dinsdag voor elke toernooi gehou en is slegs oop vir kampioene en sekere bestuurslede van die Augusta National Golf Club. Vanaf 1963 het die legendariese gholfspelers, meestal voormalige kampioene, op die oggend van die eerste ronde 'n eregbofhou geslaan om die spel te begin. Dit sluit in Fred McLeod, Jock Hutchinson, Gene Sarazen, Sam Snead, Byron Nelson, Arnold Palmer, Jack Nicklaus en Gary Player. Sedert 1960 word 'n semi-sosiale kompetisie op die syfer-3-baan die Woensdag, die dag voor die eerste ronde, gespeel.
Geskiedenis Die Meesters is ingestel deur die amateurkampioen Bobby Jones en die beleggingsbankier Clifford Roberts. Ná sy grand slam in 1930 het Jones die voormalige plantkwekery aangeskaf en saam met die baanargitek Alister MacKenzie die Augusta National ontwerp. Die toernooi is die eerste keer in 1934 gehou as 'n amptelike geldbyeenkoms op die PGA-toer, die Europese toer en die Japannese gholftoer. Die veld van spelers is kleiner as dié van die ander groot kampioenskappe, omdat dit 'n uitnodigingsgeleentheid is wat deur die Augusta Nasionale Gholfklub aangebied word.
Die Augusta National-baan het die eerste keer in 1933 geopen en is baie keer deur verskillende argitekte aangepas. Onder die veranderinge: setperke is omvorm en by geleentheid heeltemal herontwerp, sandkuile is bygevoeg, waterhindernisse is uitgebrei, nuwe bowwe is gebou, honderde bome is aangeplant en verskeie heuwels geïnstalleer.
Die Groot Drie van Arnold Palmer, Gary Player en Jack Nicklaus het die Meesters van 1960 tot 1978 oorheers en die byeenkoms 11 keer in dié tydperk gewen. Nadat hy in 1958 met slegs een hou gewen het, het Palmer onder onvergeetlike omstandighede in 1960 weer met een hou gewen. Palmer was een hou agter Ken Venturi in die 1960-toernooi, en het op die laaste twee putjies voëltjies aangeteken om die oorhand te kry. Palmer sou in 1962 en 1964 nog twee Meesters wen. duimnael| Jack Nicklaus tydens die 2006 syfer-3-kompetisie
Vorige wenners JaarKampioenLandSyferMarge2025 Rory Mcllroy -11 12024 Scottie Scheffler -10 42023 Jon Rahm -12 42022 Scottie Scheffler -10 32021 Hideki Matsuyama -10 12020 Dustin Johnson -20 52019 Tiger Woods -13 12018 Patrick Reed -15 42017 Sergio Garcia -9 Uitspeel (2)2016 Danny Willett -5 32015 Jordan Spieth -18 42014 Bubba Watson -8 32013 Adam Scott -9 Uitspeel (2)2012 Bubba Watson -10 Uitspeel (2)2011 Charl Schwartzel -14 22010 Phil Mickelson -16 32009 Ángel Cabrera -12 Uitspeel (3)2008 Trevor Immelman -8 32007 Zach Johnson +1 22006Phil Mickelson-722005Tiger Woods-12Uitspeel (2)2004Phil Mickelson-912003Mike Weir-7Uitspeel (2)2002Tiger Woods-1232001Tiger Woods-1622000Vijay Singh-1031999José María Olazábal-821998Mark O'Meara-911997Tiger Woods-18121996Nick Faldo-1251995Ben Crenshaw-1411994José María Olazábal-921993Bernhard Langer-1141992Fred Couples-1321991Ian Woosnam-1111990Nick Faldo-10Uitspeel (2)1989Nick Faldo-5Uitspeel (2)1988Sandy Lyle-711987Larry Mize-3Uitspeel (3)1986Jack Nicklaus-911985Bernhard Langer-621984Ben Crenshaw-1121983Seve Ballesteros-841982Craig Stadler-4Uitspeel (2)1981Tom Watson-821980Seve Ballesteros -1341979Fuzzy Zoeller-8Uitspeel (3)1978Gary Player-1111977Tom Watson-1221976Raymond Floyd-1781975Jack Nicklaus-1211974Gary Player-1021973Tommy Aaron-511972Jack Nicklaus-231971Charles Coody-921970Billy Casper-9Uitspeel (2)1969George Archer-711968Bob Goalby-1111967Gay Brewer-811966Jack NicklausEUitspeel (3)1965Jack Nicklaus-1791964Arnold Palmer-1261963Jack Nicklaus-211962Arnold Palmer-8Uitspeel (3)1961Gary Player-811960Arnold Palmer-611959Art Wall, Jr.-411958Arnold Palmer-411957Doug Ford-531956Jack Burke, Jr.+111955Cary Middlecoff-971954Sam Snead+1Uitspeel (2)1953Ben Hogan-1451952Sam Snead-241951Ben Hogan-821950Jimmy Demaret-521949Sam Snead-631948Claude Harmon-951947Jimmy Demaret-721946Herman Keiser-611945 Toernooi nie in 1943–1945 gehou nie weens die Tweede Wêreldoorlog194419431942Byron Nelson-8Uitspeel (2)1941Craig Wood-831940Jimmy Demaret-841939Ralph Guldahl-911938Henry Picard-321937Byron Nelson-521936Horton Smith-311935Gene Sarazen-6Uitspeel (2)1934Horton Smith-41
Tradisies Die toernooi het 'n aantal tradisies, wat jaar-na-jaar getrou uitgevoer word.
Die Groen Baadjie Sedert 1949 word 'n groen baadjie aan die kampioen toegeken, wat dit 'n jaar na sy oorwinning aan die klub moet teruggee, hoewel dit sy persoonlike eiendom bly en saam met ander kampioene se baadjies in 'n spesiaal aangewese kleedkamer gebêre word. In die meeste gevalle mag slegs 'n eerste en die huidige kampioen sy baadjie van die klubterrein verwyder. 'n Gholfspeler wat die byeenkoms herhaaldelik wen, gebruik dieselfde groen baadjie wat toegeken is met sy eerste oorwinning (tensy hy weer met 'n nuwe baadjie uitgerus moet word).
Openingsbofhou Sedert 1963 was die gewoonte in meeste jare om die toernooi te begin met 'n ere-bofhou op die eerste putjie, gewoonlik deur een of meer legendariese spelers. Die oorspronklike eregaste was Jock Hutchison en Fred McLeod; hierdie twee het elke toernooi vanaf 1963 tot 1973 geopen.
In 2007, 2008 en 2009 neem Arnold Palmer die ere-opening waar. By die Meestertoernooie van 2010 en 2011 het Jack Nicklaus hom by Palmer aangesluit as 'n ere-medebeginner vir die geleentheid. In 2012 het Gary Player by hulle aangesluit. Palmer het in Maart 2016 aangekondig dat 'n langdurige skouerprobleem hom sou verhoed om aan die 2016-afslaan deel te neem. Palmer was egter steeds teenwoordig vir die seremonie.
Na die dood van Palmer in 2016 het die 2017- seremonie hulde aan hom gebring; sy groen baadjie is oor 'n leë wit stoel gedrapeer, terwyl almal wat aanwesig was, 'Arnie's Army'-lapelwapens gedra het.
Kampioene-dinee Die Champions' Dinner word elke jaar op die Dinsdagaand wat Donderdag se eerste ronde voorafgaan, gehou. Die eerste dinee is in 1952 deur die verdedigende kampioen, Ben Hogan, aangebied om die oudkampioene van die toernooi te vereer. Destyds was 15 toernooie reeds gespeel, en die aantal vorige kampioene was 11. Amptelik bekend as die "Masters Club", bevat dit slegs wenners van die Meesters, alhoewel geselekteerde lede van die Augusta National Golf Club as erelede opgeneem is, gewoonlik die voorsitter.
Die verdedigende kampioen, as gasheer, kies die spyskaart vir die dinee. Meesterskampioene het gereeld geregte uit hul vaderland bedien wat voorberei is deur die Meestersjef. Merkwaardige voorbeelde hiervan is haggis, wat in 1989 deur die Skot Sandy Lyle voorgesit is, en bobotie, 'n Suid-Afrikaanse gereg, wat op versoek van die 2008-kampioen, Trevor Immelman, bedien is. Ander voorbeelde is die Duitser Bernhard Langer met Wiener schnitzel uit 1986, die Britse vis-en-skyfies van Nick Faldo, die Kanadees Mike Weir se eland en wildevark, en Vijay Singh se seekos tom kah en hoender panang-kerrie. Die 2011-ete van Phil Mickelson was 'n Spaanse dis, in die hoop dat Seve Ballesteros dit sou bywoon, maar hy was reeds te siek en is enkele weke later oorlede.Masters Champions Dinner: Everything you need to know
Joggies Tot in 1983 moes alle deelnemers aan die Meesters gebruikmaak van die dienste van 'n Augusta National Club-joggie, wat volgens klubtradisie altyd 'n Afro-Amerikaanse man was. Inderdaad word beweer dat Clifford Roberts, medestigter van die klub, gesê het: "Solank ek nog leef, sal gholfspelers wit wees en joggies swart wees." Sedert 1983 – ses jaar na Roberts se dood in 1977 – word spelers die opsie gegee om hul eie joggie na die toernooi te bring.
Die Meesters vereis dat joggies 'n uniform dra wat bestaan uit 'n wit oorpak, 'n groen Masters-pet en wit tekkies. Die van, en soms die eerste voorletter, van elke speler word op die rug van sy joggie-uniform aangetref. Die verdedigende kampioen ontvang altyd joggie-nommer "1": ander gholfspelers kry hul joggienommers in die volgorde waarin hulle vir die toernooi registreer. Die ander grotes en 'n paar PGA Tour-byeenkomste het voorheen 'n soortgelyke beleid ten opsigte van joggies gehad tot in die 1970's.
Speleruitnodigings Soos met die ander grotes, verdien die Meesters se wenner verskeie voorregte wat sy loopbaan 'n hupstoot gee. Elke Meesterskampioen word outomaties uitgenooi om in die ander drie grotes (die Amerikaanse Ope, die Ope-kampioenskap en die PGA-kampioenskap) vir die volgende vyf jaar te speel (behalwe vir amateurwenners, tensy hulle binne die vyfjaarperiode professioneel word), en verdien 'n lewenslange uitnodiging na die Meesters. Hulle ontvang ook lidmaatskap van die PGA-toer vir die volgende vyf seisoene en uitnodigings na die Spelerskampioenskap vir vyf jaar.
Toegangskaartjies Kaartjies vir toeskouers na die toernooi is nie vryelik beskikbaar aan die publiek nie. Die rede hiervoor is dat daar 'n geslote "list of patrons" by die Augusta National Golf Club Masters Tournament gehou word, persone aan wie die beskikbare kaartjies (bekend as "Series Masters Badges" (vir Donderdag tot Sondag)) gereeld elke jaar verkoop word. Hierna mag belangstellendes enige nie-benodigde toegangskaartjies indirek of moontlik via die swartmark van houers ("patrons") verkry.
Die enigste ander opsie is die sg. "Masters Practice Rounds"-kaartjies wat in beperkte hoeveelhede beskikbaar gestel word aan persone wat vooraf daarvoor aansoek gedoen het, aldus die toernooibestuur.
Verwysings
Eksterne skakels
Masters.org, amptelike Meesterstoernooiwebwerf
Kategorie:Gholf Kategorie:Sport in Amerika