17 Oktober is die 290ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (291ste in 'n skrikkeljaar). Daar volg nog 75 dae.
Gebeure
duimnael|regs|110px|Johannes Kepler se oorspronklike skets van Supernova 1604 duimnael|regs|120px|Taipei-101 in aanbou
732 – Slag van Poitiers; Karel Martel verslaan die Islamitiese leër onder aanvoering van Abd-el-Rahman. 1346 – Koning David II van Skotland lei 'n inval teen Engeland tydens die Honderdjarige oorlog, maar word gevange geneem in die Slag van Neville's Cross. 1404 – Pous Innocentius VII volg Pous Bonifatius IX op as pous van die Rooms-Katolieke Kerk. 1544 – Gian Pietro Carafa (later Pous Paulus IV) word kardinaal-biskop van Albano. 1604 – Kepler se Ster: Die Duitse sterrekundige Johannes Kepler neem 'n uitsonderlike helder ster waar wat skielik in die Ophiuchus-konstellasie verskyn het. 1772 – Pous Clemens XIV sluit die Jesuïte-kollege Collegium Romanum onder druk van die Bourbon-prinse. 1777 – Amerikaanse Vryheidsoorlog: Die koloniale magte oorwin die Britte tydens die Slag van Saratoga. 1806 – Keiser Jacques I van Haïti sterf in 'n sluipmoordaanval naby Port-au-Prince. 1887 – The Star-dagblad verskyn die eerste keer in Johannesburg. 1961 - Witrenosters word hervestig in die Krugerwildtuin. 1968 – Die swart atlete Tommie Smith en John Carlos teken stomprotes aan teen rassediskriminasie in Amerika by die Olimpiese Spele in Meksiko. 1970 – Anwar Sadat word president van Egipte 1989 – Die Loma Prieta-aardbewing, die grootste aardbewing op die San Andreas-breuk in Kalifornië sedert 1906, tref die San Francisco-baaigebied. 2003 – Die toringspits word by die dak van die 106-vloer hoë wolkekrabber Taipei 101 in Taipei gevoeg, wat dit die Petronas-torings in Kuala Lumpur laat verbysteek om destyds die wêreld se hoogste gebou te word.
Geboortes 1577 – Dmitri Pozjarski, Russiese prins van die Rjoerik-dinastie († 1642). 1835 – Alexine Tinne, Nederlandse ontdekkingsreisiger († 1869). 1845 – P.D. Rossouw, predikant en vroeë Afrikaanse letterkundige († 1896). 1902 – Irene Ryan, Amerikaanse aktrise († 1973). 1912 – Albino Luciani, later Pous Johannes Paulus I, die 263ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk († 1978). 1915 – Arthur Miller, Amerikaanse skrywer († 2005). 1918 – Rita Hayworth, Amerikaanse aktrise en danseres (± 1987). 1920 – Montgomery Clift, Amerikaanse rolprent- en teaterakteur († 1966). 1926 – Julie Adams, Amerikaanse aktrise († 2019). 1933 – "Bill" Anders, Apollo 8-ruimtevaarder († 2024). 1938 – Evel Knievel, Amerikaanse waaghals en vermaakkunstenaar († 2007). 1945 – Graça Machel, Eerste Dame van Mosambiek en later ook Suid-Afrika. 1947 – Erik Aaby, voormalige Noorweegse tydrenjaer. 1948 – S'bu Ndebele, Suid-Afrikaanse ANC-politikus. 1954 – Thomas Davenport, Amerikaanse kennisbestuurkundige 1968 – Thom Edward Yorke, hoofsanger van Radiohead. 1969 – Ernie Els, Suid-Afrikaanse beroepsgholfspeler en entrepeneur. 1972 – Eminem, Amerikaanse kletsrymer. 1979 – Kimi Räikkönen, Finse motorrenjaer. 1987 – Andriëtte Norman, Afrikaanse sangeres. 1990 – Patrick Lambie, Springbokrugbyspeler. 1992 – Jacob Artist, Amerikaanse akteur.
Sterftes 532 – Pous Bonifatius II, 55ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend). 1744 – Giuseppe "del Gesù" Guarneri, Italiaanse maker van strykinstrumente uit die Guarneri-familie van Cremona (* 1698). 1837 – Johann Hummel, Duitse komponis (* 1778). 1849 – Frédéric Chopin, Poolse pianis en komponis (* 1810). 1967 – Puyi, laaste Chinese keiser (* 1906). 1967 – Jan Serfontein, Suid-Afrikaanse politikus en kabinetsminister 1954–1966 (* 1898). 1970 – Vola Vale, Amerikaanse aktrise (* 1897). 1973 – Ingeborg Bachmann, Oostenrykse skrywer en digter (* 1926). 1991 – Tennessee Ernie Ford, Amerikaanse akteur en sanger (* 1919). 2007 – Joey Bishop, Amerikaanse akteur (* 1918). 2008 – Levi Stubbs, Amerikaanse akteur en sanger (* 1936). 2015 – Danièle Delorme, Franse aktrise en filmvervaardiger (* 1926). 2019 – Bill Macy, Amerikaanse akteur (* 1922). 2025 – Tomiichi Murayama, Japannese politikus (* 1924).
Vakansies, vierings en waarnemingsdae
Kategorie:Oktober