duimnael|200px|Paul Kruger se geboortedag.

10 Oktober is die 283ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (284ste in skrikkeljare). Daar volg nog 82 dae in die res van die jaar.

Gebeure

732 – Karel Martel en die Franke verslaan ’n groot leër van die More naby Poitiers tydens die Slag van Tours. 1800 – Francesco Saverio Castiglioni (later Pous Pius VIII) word biskop van Montalto. 1846 – William Lassell ontdek Triton, die grootste maan van die planeet Neptunus. 1899 – Frans-Soedan word verdeel: Die 11 suidelike provinsies word deel van Frans-Guinee, Ivoorkus en Dahomey. 1936 – ’n Kerkgebou word op Nuwerus voltooi. 1970 – Fidji word onafhanklik van die Verenigde Koninkryk. 1995 – President Nelson Mandela besoek Genadendal in die Wes-Kaap. 2003 – Die vyfde Rugbywêreldbeker begin in Australië. 2010 – Die Nederlandse Antille word verdeel in Curaçao en Sint Maartin, as onafhanklike dele van die Koninkryk der Nederlande. Bonaire, Saba en Sint Eustatius word besondere gemeentes van Nederland.

Geboortes 1813 – Giuseppe Verdi, Italiaanse komponis († 1901). 1825 – Stephanus Johannes Paulus Kruger, Transvaalse staatsman en president van die Zuid-Afrikaansche Republiek († 1904). 1861 – Fridtjof Nansen, Noorse ontdekkingsreisiger en ontvanger van die Nobelprys vir Vrede in 1922 († 1930). 1874 – T.P.N. Coetsee, Suid-Afrikaanse politikus en merinoteler († 1959). 1877 – Nettie Bredell, kleindogter van pres. Paul Kruger († 1920). 1879 – Uncle Dobbin, Suid-Afrika se twaalfde Springbokkaptein († 1950). 1879 – Louise Guthrie, Suid-Afrikaanse plantkundige en botaniese kunstenaar († 1966). 1884 – F. Bordewijk, Nederlandse skrywer van romans, novelle, toneelstukke, prosagedigte, parodieë en kritiek († 1965). 1917 – Thelonious Monk, Amerikaanse jazzpianis en -komponis († 1982). 1928 – Piet van Maarleveld, legendariese beroepsfotograaf van Potchefstroom († 2017). 1938 – Judith Mason, Suid-Afrikaanse kunstenaar († 2016). 1947 – Jonathan M. Dorfan, Suid-Afrikaanse partikelfisikus. 1956 – Martina Navratilova, Amerikaanse tennisspeler. 1966 – Elana Meyer, Suid-Afrikaanse langafstandatleet. 1967 – Saara Kuugongelwa, Namibiese politikus en vierde eerste minister van Namibië (2015-hede).

Sterftes 19 – Germanicus, generaal in die Romeinse Ryk (* 15 v.C.). 1659 – Abel Tasman, Nederlandse ontdekkingsreisiger (* 1603). 1872 – William H. Seward, Amerikaanse politikus en staatsman (* 1801). 1927 – Gustave Whitehead, Amerikaanse lugvaartpionier (* 1874). 1963 – Édith Piaf, Franse sangeres (* 1915). 2001 – Anna Amelia Obermeyer, 'n Suid-Afrikaanse plantkundige (* 1907). 2004 – Christopher Reeve, Amerikaanse akteur; rolprent-regisseur en -vervaardiger; skrywer, en aktivis (* 1952). 2013 – Scott Carpenter, Amerikaanse ruimtevaarder (* 1925). 2017 – Ryk Hattingh, Suid-Afrikaanse skrywer (* 1957). 2018 – Raye Montague, Amerikaanse vlootingenieur (* 1935). 2019 – Engemi Ferreira, ’n Afrikaanse skrywer en dramaturg (* 1943).

Vakansies, vierings en waarnemingsdae Krugerdag is vanaf 1952 tot 1993 op 10 Oktober in Suid-Afrika gevier. Dankseggingsdag in Kanada. Columbusdag in die Verenigde State. Onafhanklikheidsdag in Kuba (1868) en Fiji (1970). Dubbel-tiendedag in die Volksrepubliek van China.

Kategorie:Oktober