14 Julie is die 195ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (196ste in skrikkeljare). Daar volg nog 170 dae.

Gebeure 939 – Pous Stefanus VIII (IX) volg Pous Leo VII op. 1555 – Pous Paulus IV publiseer die bul Cum Nimis absurdum wat die Jode verplig om in 'n ghetto te woon. 1570 – Pous Pius V publiseer die bul Quo Primum wat die mis standaardiseer. 1644 – Giulio Rospigliosi (later Pous Clemens IX) word nuntius in Spanje. 1789 – Die Franse Rewolusie begin met die bestorming van die gevangenis Bastille in Parys. 1865 – Die Matterhorn word vir die eerste keer uitgeklim. 1881 – Pous Leo XIII verklaar Pous Urbanus II salig. 1912 – Kenneth McArthur wen die goue medalje vir die maraton tydens die Olimpiese Spele in Swede. 1916 – Eerste Wêreldoorlog: Die Slag van Delvillebos begin en 121 offisiere en 2 032 manskappe van die SA Brigade sneuwel. 1958 – Irakse Vrye Offisiere onder leiding van Abdul Karim Kassem werp die Irakse regering van Faisal II omver. 1969 – El Salvador val Honduras binne, die begin van die Sokkeroorlog. 1990 – Die Inkatha nasionale kulturele bevrydingsbeweging, gestig in 1975, word hervorm tot die veelrassige Inkatha-Vryheidsparty (IVP) op 'n konferensie in Ulundi. 2011 – Suid-Soedan word die 193ste lidland van die Verenigde Nasies. 2015 – Die ruimtetuig New Horizons vlieg verby Pluto op 'n afstand van 12 600 km en neem foto's van die dwergplaneet en sy mane. 2016 – Minstens 84 mense sterf toe 'n man tydens 'n terreuraanval met 'n vragmotor vol plofstof in 'n skare inry wat Bastilledag vier in die Franse stad Nice. 2019 – Engeland klop Nieu-Seeland in die eindstryd volgens aantal grenshoue en wen sodoende die twaalfde Krieketwêreldbeker in Engeland en Wallis.

Geboortes 1805 – John Frederic Lewis, Britse waterverfskilder († 1876). 1891 – S.P.E. Boshoff, Afrikaanse taalkundige en etimoloog († 1973). 1891 – Fritz Kampers, Duitse akteur en regisseur († 1950). 1893 – J.G. Strijdom, Suid-Afrikaanse politikus en staatsman, Eerste Minister van Suid-Afrika († 1958). 1903 – Irving Stone, Amerikaanse romanskrywer († 1989). 1913 – Gerald Ford, 38ste President van die Verenigde State († 2006). 1918 – Ingmar Bergman, Sweedse regisseur († 2007). 1918 – Jay Forrester, Amerikaanse digitale rekenaarbaanbreker († 2016). 1921 – Sixto Durán Ballén, Ecuadoriaanse politikus en voormalige president (1992–1996) († 2016). 1921 – Geoffrey Wilkinson, FRS en Engelse chemikus en Nobelpryswenner († 1996). 1924 – Stephen Fry, Suid-Afrika se drie-en-twintigste Springbokkaptein († 2002). 1932 – Jan Breytenbach, Suid-Afrikaanse stigter van 32-Bataljon sowel as 44 Valskermbrigade († 2024). 1934 – PG du Plessis, Afrikaanse skrywer († 2017). 1945 – Peter Klatzow, Suid-Afrikaanse komponis en pianis († 2021). 1948 – Koning Goodwill Zwelithini, koning van die Zoeloenasie van 1968–2021 († 2021). 1963 – Wouter Bos, Nederlandse politikus, voorheen leier van Party van die Arbeid. 1970 – Missy Gold, Amerikaanse sielkundige en voormalige kinderaktrise. 1972 – Flávia Monteiro, Brasiliaanse aktrise. 1989 – Siviwe Gwarube, Suid-Afrikaanse DA-politikus, Minister van Basiese Onderwys.

Sterftes 1223 – Filips II van Frankryk, koning van Frankryk (* 1165). 1623 – William Byrd, Engelse komponis (* 1540 of 1543). 1704 – Sofia Aleksejewna van Rusland, regent van die Tsaredom van Rusland (* 1657). 1879 – Sir Thomas Maclear, Suid-Afrikaanse 'n sterrekundige aan die Kaap die Goeie Hoop (* 1794). 1888 – Jan Brand, Vrystaatse staatsman, president van die Oranje-Vrystaat (* 1823). 1904 – Paulus Stephanus Kruger, Transvaalse staatsman, president van die Zuid-Afrikaansche Republiek (* 1825). 1910 – Marius Petipa, Russiese en Franse balletdanser, -pedagoog en -choreograaf (* 1818). 1958 – Faisal II, koning van Irak (* 1935). 1958 – William Joseph Baerentzen, luitenant van die Skandinawiese Korps tydens die Tweede Vryheidsoorlog (* 1872). 2008 – Mike Schutte, Suid-Afrikaanse swaargewig bokskampioen (* 1950). 2018 – Theo-Ben Gurirab, Namibiese politikus (* 1938). 2022 – Lionel Peterson, Suid-Afrikaanse gospelsanger en evangelis (* 1947).

Vakansies, vierings, en waarnemingsdae Frankryk – Franse Nasionale Dag (sedert 1789).

Kategorie:Julie