11 Oktober is die 284ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (285ste in skrikkeljare). Daar volg nog 81 dae.

Gebeure regs|duimnael|150px|Boere guerrilla-vegters 1365 – Peter I van Siprus verower Alexandrië in die laaste kruistog. 1531 – Tydens die Tweede veldslag by Kappel word 1 200 troepe van die Protestantse Zürich verslaan deur 8 000 troepe van die Katolieke lede binne die Switserse Bondgenootskap. Onder die 500 Protestantse gesneuweldes is die hervormer Ulrich Zwingli. 1542 – Giovanni Maria Ciocchi del Monte (later Pous Julius III) word kardinaal-priester van Sint Prassede. 1899 – Die twee Boererepublieke – die Oranje Vrystaat en die Zuid-Afrikaansche Republiek – sê die Verenigde Koninkryk die stryd aan; daarmee breek die Tweede Vryheidsoorlog in Suid-Afrika uit. 1940 – Tweede Wêreldoorlog: Switserland besluit om houtgas-enjins in alle vragvoertuie te installeer. 1954 – Hồ Chí Minh en die Viet Minh neem beheer oor in Noord-Viëtnam. 1958 – Pioneer 1 word lanseer. 1968 – Die Parti Québécois, 'n politieke party in die Franstalige Kanadese provinsie Québec wat na die onafhanklikheid van die provinsie strewe, word gestig. 1968 – NASA lanseer Apollo 7, die eerste bemande sending van die Apollo-program.

Geboortes 1671 – Frederik IV van Denemarke, Koning van Denemarke en Noorweë († 1730). 1738 – Arthur Phillip, eerste goewerneur van Nieu-Suid-Wallis en stigter van die nedersetting wat tans Sydney heet († 1814). 1758 – Heinrich Wilhelm Olbers, Duitse sterrekundige, geneesheer en fisikus († 1840). 1885 – François Mauriac, Franse skrywer († 1970). 1902 – Norman Eaton, Suid-Afrikaanse argitek († 1966). 1910 – Danie Craven, Suid-Afrikaanse rugbyadministrateur en 19de Springbokkaptein († 1993). 1926 – Thich Nhat Hanh, Viëtnamese Boeddhistiese monnik, vredesaktivis, digter en skrywer († 2022). 1928 – Zach de Beer, Suid-Afrikaanse politikus († 1999). 1937 – Ron Leibman, Amerikaanse akteur en draaiboekskrywer († 2019). 1956 – Coenie de Villiers, Suid-Afrikaanse musikant en TV-persoonlikheid. 1962 – Joan Cusack, Amerikaanse aktrise. 1966 – Luke Perry, Amerikaanse akteur († 2019). 1967 – Peter Thiel, Duits-Amerikaanse miljardêr-entrepreneur, waagkapitalis en politieke aktivis. 1977 – Hardeep Singh Nijjar, Kanadese Sikh-separatistiese leier († 2023). 1992 – Leon Kruger, Afrikaanse akteur en dramaturg († 2021). 1993 – Hardik Pandya, Indiese internasionale krieketspeler.

Sterftes 1303 – Pous Bonifatius VIII, 193ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* 1235). 1347 – Lodewyk IV van Beiere, keiser van die Heilige Romeinse Ryk (* 1282). 1531 – Ulrich Zwingli, Switserse Protestantse teoloog en kerkhervormer (* 1484). 1889 – James Prescott Joule, Engelse fisikus (* 1818). 1896 – P.D. Rossouw, predikant en vroeë Afrikaanse letterkundige (* 1845). 1953 – Pieter Hamersma, lid van die Kaapse Provinsiale Raad en vooruitstrewende Karooboer (* 1892). 1959 – Oswald Pirow, Suid-Afrikaanse politikus en regsgeleerde (* 1890). 1977 – Misha Black, Britse argitek en ontwerper (* 1910). 2019 – Aleksei Leonof, Sowjetse ruimtevaarder, eerste mens wat 'n ruimtewandeling onderneem het (* 1934). 2022 – Angela Lansbury, Brits-Amerikaanse aktrise (* 1925). 2025 – Diane Keaton, Amerikaanse aktrise (* 1946).

Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae Dubbel Negende Fees op die Chinese kalender (2005)

Kategorie:Oktober