Hierdie artikel handel oor die land in Noord-Amerika. Vir ander gelyknamige state, sien Verenigde State (dubbelsinnig).
Die Verenigde State van Amerika (dikwels afgekort tot Verenigde State, VS of VSA; Engels: United States of America of USA), in die omgangstaal ook net AmerikaDie gebruik van die woord 'Amerika' om te verwys na die VSA en 'Amerikaner' om te verwys na 'n VSA-burger word deur baie mense in die res van die Amerikas gesien as onakkuraat, maar is algemeen en word elders aanvaar. genoem, Wilson, Kenneth G. (1993). The Columbia Guide to Standard American English. New York: Columbia University Press, bl. 27–28. . is 'n federale republiek in die Westelike Halfrond wat uit vyftig deelstate, 'n federale distrik, vyf groter selfregerende gebiede en enkele kleiner eilandbesittings in die Stille Oseaan en die Karibiese See bestaan. 48 van sy deelstate en die federale distrik lê in Sentraal-Noord-Amerika tussen die Stille Oseaan in die weste en die Atlantiese Oseaan in die ooste en word in die noorde deur Kanada en in die suide deur Meksiko begrens. Die deelstaat Alaska lê in die noordweste van die Noord-Amerikaanse vasteland en grens in die ooste aan Kanada, terwyl dit in die weste deur die Beringstraat van die Russiese Federasie geskei word. Die deelstaat Hawaii is 'n eilandgroep in die middel van die Stille Oseaan.
duimnael|links|Die vlag van die VSA. Die rooi en wit bane versinnebeeld die dertien oorspronklike kolonies en deelstate, die sterre die huidige vyftig deelstate Die Verenigde State beslaan altesaam veertig persent van die Noord-Amerikaanse vasteland. Met meer as 9,8 miljoen vierkante kilometer (byna 3,8 miljoen vierkante myl) is die VSA die vierde grootste land ter wêreld en met 'n bevolking van amper 342 miljoen die derde grootste land. Sy grondgebied strek oor nege amptelike tydsones. Met 'n bruto binnelandse produk van meer as $30 337 miljard in 2025 is die VSA naas die Volksrepubliek China die tweede grootste ekonomie ter wêreld.
Die Verenigde State van Amerika is 'n federale presidensiële grondwetlike republiek met 'n tweekamerparlement, die Kongres, wat uit die Senaat en die Huis van Verteenwoordigers bestaan. Die hoofstad van die VSA is Washington, D.C., wat nie deel uitmaak van een van die vyftig deelstate nie, maar in die federale Distrik Columbia geleë is.
Die grondgebied van die Verenigde State is oorspronklik deur 'n verskeidenheid stamme van die Eerste Nasies bewoon. Met die Europese kolonisasie deur Britte, Franse en Spanjaarde en grootskaalse immigrasie van dwarsoor die wêreld het die VSA tot een van die etnies, sosiaal en godsdienstig mees diverse lande ter wêreld ontwikkel. Adams, J.Q., and Pearlie Strother-Adams (2001). Dealing with Diversity. Chicago: Kendall/Hunt. .
Die Verenigde State is deur dertien kolonies gestig, wat na aanleiding van die Amerikaanse Onafhanklikheidsoorlog hulle onafhanklikheid van Groot-Brittanje op 4 Julie 1776 verklaar en hulle grondwet, die Artikels van die Konfederasie, op 1 Maart 1781 bekragtig het. Die huidige grondwet is op 17 September 1787 aangeneem. Dull, Jonathan R. (2003). "Diplomacy of the Revolution, to 1783," bl. 352, chap. in A Companion to the American Revolution, ed. Jack P. Greene and J. R. Pole. Maiden, Mass.: Blackwell, bl. 352–361. . Die oppervlakte van die VSA is gedurende die 19de eeu deur gebiede, wat van Frankryk en Meksiko gekoop is, aansienlik uitgebrei. Met die ekonomiese agteruitgang van die Sowjetunie in 1991 het die VSA die enigste oorblywende supermoondheid geword wat 'n oorheersende ekonomiese, politieke, kulturele en militêre invloed dwarsoor die wêreld uitoefen.
Etimologie Die eerste dokumentêre verskyning van die frase United States of America was in 'n brief op 2 Januarie 1776, geskryf deur Stephen Moylan, 'n Kontinentale Leër-assistent van generaal George Washington, aan Joseph Reed, Washington se adjudant. Moylan het sy begeerte uitgespreek om te gaan "met volle en ruim magte van die Verenigde State van Amerika tot Spanje" om bystand in die Amerikaanse Onafhanklikheidsoorlog te verkry. Die eerste publikasie van die frase United States of America was in 'n anonieme essay in The Virginia Gazette in Williamsburg op 6 April 1776.
Teen Junie 1776 het die naam United States of America verskyn in ontwerpe van die Artikels van Konfederasie en Ewige Unie, vervat deur John Dickinson, 'n stigtingsvader uit Pennsilvanië, en in die Amerikaanse Onafhanklikheidsverklaring, hoofsaaklik geskryf deur Thomas Jefferson en goedgekeur deur die Tweede Kontinentale Kongres in Philadelphia op 4 Julie 1776.
Geografie
As die wêreld se derde grootste nasie (totale area), het die Verenigde State 'n baie wisselende landskap: gematigde woudland aan die ooskus, mangrovewoude in Florida, die Great Plains in die middel van die land, die Mississippi-Missouri rivierstelsel, die Rotsgebergte (Rocky Mountains) wes van die vlaktes, woestyne en gematigde kusgebiede wes van die Rotsgebergte en reënwoude in die noord-weste. Die vulkaniese eilande van Hawaii en die pool-gebiede van Alaska maak die geografiese diversiteit net nog groter. Die naaste lande buite die Noord-Amerikaanse vasteland is die Britse oorsese gebied Bermuda in die ooste asook die onafhanklike eilandstate Bahamas en Kuba in die suidooste.
E Pluribus Unum – Uit Veelheid, Eenheid Die Amerikaanse Onafhanklikheidsverklaring van 1776 het op sentrale waardes soos lewe, vryheid en strewe na geluk gefokus; om nuut verworwe gebiede tot die ondergeskikte status van kolonies te beperk was gevolglik buite die kwessie. Met die Northwest Ordinance van 1787 is die prosedures vasgelê waarvolgens nuwe deelstate op gelyke voet met die dertien stigterstate tot die Unie kon toetree. Die bou van 'n nasie uit 'n verskeidenheid deelstate was 'n nuwe benadering wat in die Federale Grondwet bekragtig is. Die stapsgewyse proses, waarvolgens nuut verworwe gebiede as deelstate selfregering en verteenwoordiging op federale vlak behaal het, word onder die Stigtingsvaders se belangrikste nalatenskappe gereken.
Die Amerikaanse metode van staatsbou het twee belange, wat van vroeg af strydig was, met mekaar versoen – dié van vryheid (liberty) en dié van ryksgesag (empire) – en 'n politieke bestel verwesenlik wat deur Thomas Jefferson treffend beskryf is as 'n empire for liberty – 'n federale staat wat vryheid as sy hoofdoelwit nastreef. Die politieke bestel het oor 'n tydperk van meer as twee eeue onveranderd gebly, ongeag die ingrypende veranderinge wat die Unie sedert sy stigting ondergaan het. Die Verenigde State se geografiese uitgestrektheid en die groot verskeidenheid etniese, kulturele en godsdienstige agtergronde van sy bewoners was in die tyd van die Stigtingsvaders nog so onvoorspelbaar soos die land se ongekende ekonomiese en tegnologiese vordering van 'n agrariese staat tot 'n hoogs geïndustrialiseerde en verstedelikte supermoondheid. Harry S. Ashmore: Arkansas. A History. New York NY: W. W. Norton & Company | Nashville TN: American Association for State and Local History 1978, Invitation to the Reader
Politieke geografie Die vastelandse Verenigde State (sonder Alaska en Hawaii) word in geografiese opsig in 'n aantal streke verdeel: Die Nieu-Engeland-State met Maine, New Hampshire, Vermont, Massachusetts, Rhode Island en Connecticut, Die Middel-Atlantiese State met New York, New Jersey, Delaware, Maryland, Virginië, Wes-Virginië en Pennsilvanië, Die Suidoostelike State met Noord-Carolina, Suid-Carolina, Georgia, Arkansas, Tennessee, Kentucky, Florida, Alabama, Mississippi en Louisiana, Die Midwes-State met Ohio, Indiana, Illinois, Michigan, Wisconsin, Minnesota, Iowa en Missouri, Die Groot-Vlaktes-State met Noord-Dakota, Suid-Dakota, Kansas en Nebraska, Die Bergstate met Idaho, Montana, Colorado, Wyoming en Utah, Die Suidwestelike State met Oklahoma, Texas, Nieu-Meksiko en Arizona, en Die Verre-Weste-State met Washington, Oregon, Kalifornië en Nevada.
Die grootste deelstate is ten opsigte van Oppervlak: Alaska met 1 723 337 vierkante kilometer (665 384 vierkante myl) en Bevolking: Kalifornië met 'n bevolking van 39 538 223 in 2020.
Die kleinste deelstate is ten opsigte van Oppervlak: Rhode Island met 4 001 vierkante kilometer (1 545 vierkante myl) en Bevolking: Wyoming met 'n bevolking van 576 851 in 2020.
Die deelstate Nevada, Arizona, Florida, Colorado, Utah, Georgia en Texas het in die laaste dekades die grootste relatiewe bevolkingsgroei getoon, terwyl die deelstate Kalifornië, Texas, Florida, Georgia, Arizona en Noord-Carolina die grootste absolute bevolkingsgroei ervaar het. Die bevolking van Wes-Virginië, Noord-Dakota en die Distrik Columbia het afgeneem. Die grootste stede in die VSA is New York, Los Angeles, Chicago, Houston en Philadelphia.
Die volgende kaart toon die ses amptelike sensusgebiede (Pasifiese Streek [Pacific – blou], Bergstreek [Mountain – rooi], Midweste [Midwest – oranje], Suide [South – geel], Noord-Oos [Northeast – violet] en Afhanklike Gebiede [Territories – groen]), vyftig deelstate en afhanklike gebiede van die Verenigde State:
550px|senter
Deelstate Alabama Alaska Arizona Arkansas Kalifornië Colorado Connecticut Delaware Florida Georgia Hawaii Idaho Illinois Indiana Iowa Kansas Kentucky Louisiana Maine Maryland Massachusetts Michigan Minnesota Mississippi Missouri Montana Nebraska Nevada New Hampshire New Jersey Nieu-Meksiko New York Noord-Carolina Noord-Dakota Ohio Oklahoma Oregon Pennsilvanië Rhode Island Suid-Carolina Suid-Dakota Tennessee Texas Utah Vermont Virginië Washington Wes-Virginië Wisconsin WyomingAfhanklike gebiede Amerikaans-Samoa Guam Noordelike Mariana-eilande Puerto Rico Amerikaanse Maagde-eilande
Nie getoon nie Distrik Columbia
Fisiese geografie duimnael|Nasa-Satellietbeeld van die vastelandse Verenigde State Die Noord-Amerikaanse vasteland word volgens fisiese besonderhede in vier groot streke verdeel: Die Kanadese Skild met die Laurentiese Plato, die Appalachestreek, die Binnelandse Vlaktes en die bergagtige Weste. Vir die gebied van die Verenigde State word hierdie streke verder verdeel in sewe fisiografiese streke: Die Vlaktes van die Atlantiese Kus en die Golf van Meksiko, die Appalachiese Hooglande, die Binnelandse Vlaktes, die Binnelandse Hooglande, die Rotsgebergte, Die Intermontane Streek met die Groot Bekken en die Pasifiese Bergreekse. 'n Verdere streek, die Laurentiese Plato, beslaan slegs 'n klein gedeelte van die VSA se oppervlak in die gebied van die Groot Mere.
Die huidige terrein van die noordelike Verenigde State is deur gletsers gevorm, wat die noorde van die vasteland in die laaste Ystydperk bedek het. Die vroeëre suidelike kant van die yslaag word nog steeds deur 'n reeks eindmorenes gekenmerk, wat vanaf die eiland Long Island aan die Atlantiese ooskus in westelike rigting tot by die Rotsgebergte loop. Die gebiede noord van hierdie lyn is bedek met ou gletserafsettings. In die berggebiede van die noordweste en in Alaska het die berggletsers duidelike spore van erosie gelaat. Uitgestrekte gletsermere het groot gebiede in die weste bedek, waarvan die Groot Soutmeer in Utah net 'n oorblyfsel is.
Die oostelike en die Golfkusgebiede duimnael|'n Landsat-foto van Chesapeakebaai