8 November is die 312de dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (313de in skrikkeljare). Daar volg nog 53 dae.
Gebeure
duimnael|regs|125px|Hernán Cortés duimnael|regs|125px|X-straal van die hand van Röntgen se vrou 1047 – Pous Benedictus IX volg Pous Clemens II op. 1519 – Hernán Cortés bereik Tenochtitlan waar die Asteekse heerser Moctezuma II hom met prag en praal ontvang, soos wat betaamlik sou wees vir 'n terugkerende god. 1576 – Die Bevrediging van Gent onderteken. 1793 – In Parys word die Louvre deur die Franse Rewolusionêre regering as 'n museum vir gebruik deur die publiek geopen. 1889 – Montana word die 41ste deelstaat van die Verenigde State. 1895 – Wilhelm Röntgen ontdek die x-strale. 1923 – Adolf Hitler, Erich Ludendorff en ander lede van die Kampfbund begin die Biersaalputsch in München, in 'n poging om beheer oor te neem in Duitsland. 1958 – Pioneer 2 word lanseer. 1987 – Australië klop Engeland in die eindstryd met 7 lopies en wen sodoende die vierde Krieketwêreldbeker gehou in Indië en Pakistan. 1991 – Die Suid-Afrikaanse nasionale krieketspan kom in Kalkutta aan vir hul internasionale eendagwedstryde in Indië en bring die stad tot stilstand. 2002 – Die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad neem Resolusie 1441 aan, wat Irak dwing om te ontwapen of ernstige gevolge in die gesig te staar.
Geboortes 1656 – Edmond Halley, Britse sterrekundige en ontdekker van Halley se Komeet († 1742). 1847 – Bram Stoker, Ierse skrywer († 1912). 1848 – Gottlob Frege, Duitse wiskundige († 1925). 1883 – Arnold Bax, Engelse komponis († 1953). 1885 – Tomojoeki Jamasjita, Japannese generaal in die Tweede Wêreldoorlog († 1946). 1900 – Margaret Mitchell, Amerikaanse skryfster († 1949). 1900 – Charley Paddock, Amerikaanse atleet († 1943). 1914 – Norman Lloyd, Amerikaanse akteur († 2021). 1922 – Chris Barnard, Suid-Afrikaanse hartchirurg († 2001). 1932 – Stéphane Audran, Franse aktrise († 2018). 1935 – Alain Delon, Franse akteur († 2024). 1946 – Guus Hiddink, Nederlandse sokkerspeler en -afrigter. 1952 – Alfre Woodard, Amerikaanse aktrise. 1954 – Kazuo Ishiguro, Japannees-Britse skrywer en Nobelpryswenner. 1967 – Courtney Thorne-Smith, Amerikaanse aktrise. 1968 – Parker Posey, Amerikaanse aktrise. 1972 – Gretchen Mol, Amerikaanse aktrise. 1975 – Tara Reid, Amerikaanse aktrise. 1974 – Penny Heyns, Suid-Afrikaanse swemmer. 1986 – Aaron Swartz, Amerikaanse rekenaarprogrammeerder, skrywer en internetaktivis († 2013). 1988 – Jessica Lowndes, Kanadese aktrise en sangeres. 1991 – Riker Lynch, Amerikaanse sanger-liedjieskrywer, akteur en danser.
Sterftes 618 – Pous Deusdedit, die 68ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend). 955 – Pous Agapetus II, die 129ste pous van die Rooms-Katolieke Kerk (* onbekend). 1308 – Johannes Duns Scotus, Fransiskaanse teoloog en filosoof (* 1266). 1674 – John Milton, Engelse digter en skrywer (* 1608). 1890 – César Franck, Belgiese komponis (* 1822). 1953 – Johannes van Melle, Nederlandsgebore Afrikaanse skrywer van onder meer Bart Nel (* 1887). 1970 – Napoleon Hill, Amerikaanse skrywer (* 1883). 1980 – Lulu Latsky, eerste vrou in Suid-Afrika wat 'n doktorsgraad in Wetenskap verwerf (* 1901). 1986 – Wjatsjeslaf Molotof, Sowjet-politikus en diplomaat (* 1890). 1990 – Wolfgang Schmieder, Duitse bibliotekaris en musiekkundige (* 1901).
Vakansies, vierings- en waarnemingsdae
Kategorie:November