Fred Lawrence Whipple (5 November 1906 – 30 Augustus 2004) was ’n Amerikaanse sterrekundige wat langer as 70 jaar by die Harvard-kollegesterrewag gewerk het. Hy het onder meer ’n paar asteroïdes en komete ontdek, met die "vuil sneeubal"-teorie vorendag gekom en die Whipple-veld ontwerp.
Kategorie:Amerikaanse sterrekundiges Kategorie:Geboortes in 1906 Kategorie:Sterftes in 2004