Die waaierstertvlieëvanger (Myioparus plumbeus) is 'n gelokaliseerde, algemene standvoël in digte boomveld en savanneruigtes, oewerbos en woudrand. Hulle kom een-een of in pare voor. Die voël is 14 cm groot en weeg 12 gram. In Engels staan die voël bekend as die Grey Tit-Flycatcher.
duimnael|links|200px|Die stert word gereeld op-en-af gewip en in 'n waaier uitgesprei. Verspreiding en habitat Dit word aangetref in Angola, Benin, Botswana, Burkina Faso, Kameroen, Demokratiese Republiek die Kongo, Eswatini, Ethiopië, Gaboen, Gambië, Ghana, Guinee, Guinee-Bissau, Ivoorkus, Kenia, Liberië, Malawi, Mali, Mosambiek, Namibië, Niger, Nigerië, Republiek die Kongo, Rwanda, Senegal, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Sierra Leone, Suid-Afrika, Suid-Soedan, Tanzanië, Togo, Tsjad, Uganda, Zambië, en Zimbabwe.
Die voël se natuurlike habitat is subtropiese of droë tropiese woude, subtropiese of tropiese vogtige laaglandwoude.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Verwysings
Kategorie:Vlieëvangers