Die Rooistertvlieëvanger (Erythrocercus livingstonei) is 'n gelokaliseerde algemene standvoël in rivier- en laaglandwoud waar hulle in pare of groepies leef. Die voël is 12 cm groot en weeg 7 gram. Die voël kom voor in die Zambezirivier-vallei vanaf die Karibadam tot by die monding in die Indiese Oseaan en ook hiervandaan suidwaarts langs die kus van Mosambiek tot noord van Maputo. In Engels staan die voël bekend as die Livingstone's Flycatcher.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Vlieëvangers