Die Kaapse glasogie (Zosterops virens) is 'n algemene spesie van standvoël wat in boomveld, woude, ruigtes, plantasies en tuine in Suider-Afrika voorkom. Die voël is 11 sentimeter groot en weeg 11 gram. In Engels staan die voël bekend as die Cape white-eye.

Die Gariepglasogie (Z. pallidus) is voorheen as dieselfde spesie as Z. virens beskou, maar word nou as 'n aparte spesie geag.

Taksonomie duimnael|links|Subspesie Z. v. capensis Daar is twee subspesies:

Z. v. capensis – suidwestelike Suid-Afrika en Lesotho en aangrensende westelike KwaZulu-Natal Z. v. virens – oostelike en suidoostelike Botswana, oostelike en noordelike Suid-Afrika, en Eswatini en aangrensende suidwestelike Mosambiek

Die subspesies hibridiseer wanneer hulle in kontak met mekaar kom.

Ander name Van die streeksname vir die voël sluit in: meelogie, kersogie, ringogie en piet-la-pok.Streek- en Volksname , besoek op 18 Oktober 2014

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Witogies Kategorie:Voëls van die Krugerwildtuin