Die Gariepglasogie (Zosterops pallidus) is 'n endemiese, algemene standvoël en plaaslike nomade in oewerbos en ruigtes in die Karoo en halfdorre savanne en versprei langs beboste waterlope tot beboste gebiede van die Namibiese kus. Die voël dwaal in die Wes-Kaap gereeld buite sy normale gebiede. Die voël is 11 cm groot en weeg 9 gram. In Engels staan die voël bekend as die Orange River white-eye. F. Gill, M. Wright D. & Donsker (2013) - IOC World Bird Names (weergawe 3.3)

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Witogies