Prof. dr. Casparus Jan Hendrik de Wet (Ladybrand, 23 Maart 1887 – Pretoria,Besonderhede van sy sterfdatum en -plek op Geni.com. URL besoek op 3 September 2013. 18 Oktober 1959) was van 1916 tot 1925 ’n leraar in die Gereformeerde Kerk en van daardie jaar tot 1946 ’n professor in die teologie aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys toe hy as sowel hoogleraar dan lidmaat van die Kerk bedank het weens ’n leergeding.
Herkoms en Anglo-Boereoorlog duimnael|links|300px|Studente en professore (van links: J.A. du Plessis, J.D. du Toit en C.J.H. de Wet van die Teologiese Skool Potchefstroom, 1929.
De Wet was die sewende geslag van die stamvader, Jacobus de Wet, wat in 1693 uit Amsterdam na die Kaap gekom het en die vierde van die sewe kinders van Johanna Marthinus de Wet, oudste broer van die Boere-generaal C.R. de Wet, en Lasya (of Lazya) Christina Kruger, 'n niggie van pres. Paul Kruger van die ZAR. Hy het grootgeword in die rustige, landelik atmosfeer van Oos-Vrystaat op die plaas wat sy vader, 'n gesiene inwoner en veldkornet van sy wyk, ná die Tweede Basoeto-oorlog (1865) in die Verowerde Gebied as beloning vir kommandodiens ontvang het. De Wet het die gebrekkige skoolonderrig gekry wat kenmerkend van sy tyd was, maar is "getoë in 'n Calvinistiese ouerhuis waar vaderlandsliefde en 'n diepgewortelde trots in die republiekeinse staatspraktyk van jongs af by hom ingeskerp" is. Van Rensburg, A.P.J. in Krüger, prof. D.W. en Beyers, C.J. (hoofred.). 1977. Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek, deel III. Kaapstad: Tafelberg-Uitgewers. In die politieke opset van die Oranje-Vrystaat het die De Wets onverbiddelik standpunt ingeneem ten gunste van nouer vereniging met die susterrepubliek, die ZAR.
Vir die tienerjarige Casparus de Wet se gesin het die Tweede Vryheidsoorlog (1899–1902) groot smart gebring. As waarnemende kommandant van die Ladybrandse kommando het sy vader op 11 Desember 1899, presies 'n maand nadat die vyandighede begin het, tydens die Slag van Magersfontein gesneuwel. Sy moeder en drie van sy sibbes is oorlede in 'n konsentrasiekamp, terwyl 'n broer as krygsgevangene op die eiland St. Helena aan maagkoors beswyk het. Die dertienjarige De Wet het saam met sy ouer broers by die Ladybrandse kommando aangesluit, maar omdat hy nog so jonk was, is hy nie tot die gevegslinies toegelaat nie en moes hy diens doen in die voorrade-afdeling. In April 1901 is hy en sy drie broer krygsgevangene geneem en na St. Helena gestuur, waar ook hy ernstig siek aan maagkoors geword het, maar kon oorleef danksy 'n sterk gestel en onverbiddelike gees.
Opleiding duimnael|links|320px|Studente en personeel van die Voorbereidende en Teologiese Skool op Potchefstroom voor die eerste gebou, 1913. Voor: Hester Coetzee, Betsie Postma, S.G Yssel, J.J.A. Coetzee, prof. Ferdinand Postma, prof. J.D. du Toit (Totius), prof. A.P.C. Duvenage, prof. Jan Kamp, Piet van der Walt, Rachel Wentzel, Vera Gill. Tweede ry: Nollie Vermaas, G.P. van der Linde, J.V. Coetzee, D.G. Venter, C.J.H. de Wet, J.C. van der Walt, D.N. Kotze, H.F. Duvenage, Vera Pienaar, Frikkie Potgieter, J.L.M. Wiechers. Derde ry: Piet Coetzee, Jan Triechaardt, Nic Steyn, B.J. de Klerk, J.H Boneschans, H.S. van Jaarsveld, Pieter Coetzee. Vierde ry: Prof. Joon van Rooy, ene Oosthuizen, C.W.M. Du Toit, E.L.J. Venter, T.D. Venter, Daan Marais, J.V. Coetzee, Lou van Rooy, A.S.E. Yssel, H. van der Walt, S.P. Engelbrecht, Izak le Roux, ene Marais, L.J. du Plessis. Vyfde ry: ene Scholtemeyer, Willie Geere.
duimnael|regs|320px|Studente en professore van die Potchefstroomse Teologiese Skool, 1915. Prof. De Wet staan sewende van links in die tweede ry. Derde van regs sit prof. Sietse Los en regs van hom prof. J.D. du Toit.
Vier maande ná die Vrede het De Wet in September 1902 teruggekeer na die Vrystaat terug as vyftienjarige weeskind, feitlik ongeletterd en afhanklik van familielede se sorg. Net drie van die sewe sibbes het die oorlog oorleef. Eers het hy ingewoon by 'n ouer broer, J.J. (Kootjie) de Wet, naby Sannaspos. Deur die verkoop van hul geboorteplaas kon De Wet bekostig om op eie inisiatief vir onderwys Boland toe te gaan, eers na die Blauwvlei-skool van meester Stucki by Wellington en toe na die geskiedkundige Franschhoek-skool, waar hy in 1908 op 21-jarige leeftyd matrikuleer het.
In 1911 behaal hy sy B.A.-graad aan die Victoria-kollege op Stellenbosch. Hy was van plan om vir predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk te studeer, maar het hom in 1912 laat inskryf as student aan die Gereformeerde Kerk se Teologiese skool op Potchefstroom toe hy ook lidmaat word van die Gereformeerde Kerk. Dis nie bekend hoekom hy ’n Dopper geword het nie, net dat sy hart na die Gereformeerde Kerk toe getrek het, hoewel sy moeder moontlik voor haar troue tot dié Kerk behoort het waarvan haar neef pres. Kruger en sy gesin getroue lidmate was. In 1915 het hy die kandidaatseksamen in die teologie geslaag en is toe beroepbaar gestel in die Gereformeerde Kerk.
Predikant op Steynsburg duimnael|links|295px|Steynsburg se Gereformeerde kerkgebou soos dit gelyk het tydens die bedieningstyd van dr. De Wet. Die hoeksteen is op 2 Augustus 1879 deur ds. Dirk Postma gelê en dis plegtig in gebruik geneem op 4 September 1880. In 1938 is dit herbou en van ’n kerktoring voorsien en in 1952 het dit sy huidige voorkoms gekry toe dit met sierstene afgewerk is.
As proponent is hy na die Gereformeerde kerk Steynsburg beroep, waar hy in 1916 in die amp bevestig is as opvolger van dr. Flippie Snyman, wat die jaar vantevore in die ouderdom van 38 jaar aan longontsteking oorlede is. As predikant het ds. De Wet met groot ywer die bedieningswerk aangepak en veral deur sy prediking die gemeente gestig. Onder sy leiding is begin met gereelde herdenking van die Hervorming en besonderse aandag is ook geskenk aan katkisasie. Hy het groot ywer aan die dag gelê met die insameling van geld vir die Teologiese Skool se Jubileumfonds, waardeur die 50-jarige bestaan van die Skool in 1919 herdenk sou word. ’n Bedrag van £850 is in die gemeente ingesamel, destyds ’n aardige bedrag.
In 1919 is hy, soos sy voorganger, met toestemming van die kerkraad na Europa vir verdere studie en in 1921 het hy die doktorsgraad verwerf aan die Vrije Universiteit van Amsterdam met ’n proefskrif oor die kollegiale kerkreg. Gedurende die afwesigheid van dr. en mev De Wet is ’n nuwe pastorie op Steynsburg gebou sodat die gesin dié gebou ná hul terugkeer kon betrek.
Hoogleraar duimnael|regs|190px|Prof. dr. De Wet in sy vroeë jare as professor in teologie op Potchefstroom.
duimnael|links|320px|Die Nasionale Party se federale raad, 1935. Dr. De Wet sit regs in die tweede ry. Mabel Jansen sit derde van links in dieselfde ry. Dr. D.F. Malan sit regs van Jansen en dr. N.J. van der Merwe regs van hom. Agter, tweede van regs, staan adv. Hans Strijdom.
duimnael|regs|300px|Die Nasionale Sinode van die GKSA van 1939 voor die Vrouemonument in Bloemfontein. Eerste ry: H.S. van Jaarsveld, F.N. Lion Cachet, W.J. Postma, B. de Klerk, H.J. Venter, J. van Rooy, P.W. van der Walt, P.G.W. Snyman. Tweede ry: N.H. van der Walt, J.G.H. van der Walt, D. Postma, dr. J.D. Du Toit, J.A. van Rooy, dr. C.J.H de Wet, dr. S.O. Los, dr. J.P. Jooste, J.V. Coetzee, I.D Krüger, J.C. van der Walt. Derde ry: J.P. van der Berg, G.H.J. Kruger, A.L Aucamp, M. Postma, J.M. de Wet, I.J. Lessing. Vierde ry: Jacs van Rooy, J.L. de Bruin, J.A. Schutte, A. Postma, E.L.J. Venter, D.G. Venter, J.L. Vorster, T.T. Spoelstra, Derk Rumpff, H. du Plessis. Vyfde ry: dr. B.J. de Klerk, P.J. de Klerk, J.J. Venter, J.H. Boneschans, L.S. van der Walt, S. du Toit, J.F. du Plooy, A.S.E. Yssel. Sesde ry: H.F.V. Kruger, P.J.S. de Klerk, D.N. Kotze, W.J. Snyman, W.F. Venter, S.P. van der Walt, J.W.J. van Ryssen, N.J. Snyman, B.R. Krüger, D.J. van der Walt.
duimnael|links|300px|Personeel en studente van die Potchefstroomse Universiteitskollege, 1933. Prof. De Wet is regs van prof. Ferdinand Postma, wat in die middel is.
In 1923 is hy beroep na die destydse Gereformeerde kerk Bloemfontein, waar hulle nie lank was nie, want in 1924 is hy tot professor aan die Teologiese Skool benoem met sy hoofverantwoordelikheid die dogmatiese vakke. Hy het in dié tyd egter ook in ander rigtings begin studeer en behaal agtereenvolgens die grade B.Econ. en M.A. (Staatsleer) en het slegs ’n paar vakke kortgekom vir LL.B. Hy was ’n onvermoeide student met byna onuitputlike werkkrag. Sy dogmatiekklasse was insiggewend en geeneen vervelig nie, volgens dr. G.C.P. van der Vyver. Hy was ’n oorspronklike denker en het met eie insigte en dikwels flonkerende gedagtes nuwe bane oopgetrap. Van 1925 het hy daar gearbei tot hy in 1946 weens ’n leergeding as professor en as lidmaat van die Gereformeerde Kerk bedank het.
Die eerste naoorlogse sinode, op Potchefstroom in 1945, is oorheers deur die “moeilikhede aan die Teologiese Skool”, wat rondom uitsprake van prof. dr. De Wet sentreer het. Vrae het ontstaan insake sy leer aangaande die leerstuk van die Filioque. Hy sou geleer het, strydig met die N.G.B. art. 8 en 11, Nicea en Athanasius, dat (1) die Heilige Gees alleen van die Vader uitgaan en nie ook van die Seun nie; (2) dat t.o.v. die nature van Christus strydig met die N.G.B. art. 19 en H.K., Sondag, in Christus twee persone en een wese is; (3) dat t.o.v. die verkiesing en verwerping die Heilige Skrif geen "direkte bewyse vir 'n ewige verkiesing en verwerping gee nie ...." wat strydig met Dordtse leerreëls c.1 en art. 16 N.G.B. sou wees; (4) dat die erfsonde nie "deur God toegereken word in die weg van die verbond nie", strydig met C.3 en 4 Dordtse leerreëls en art. 15 N.G.B. en Sondag 3 H.K.; (5) dat die gesag van die Belydenisskrifte twyfelagtig is; (6) dat Job (strydig met die Skrif) eers op die ashoop wedergebore is; (7) dat Jakob by Bet-el die Here as 'n lokale Here beskou het; (8) dat Melgisedek nie priester van die Ware God was nie; (9) dat die kerk gedagtes geopenbaar het wat strydig sou wees met die Openlike Verklaring van die Gereformeerde Kerk en N.G.B. art. 27 – 29. (Handelinge 1945; p. 56 en 57). In die Skriflig. URL besoek op 18 Oktober 2016.
Die Sinode het op die klagte van die Kuratorium deeglik ingegaan en bevind dat dit wat prof. De Wet geleer en geskryf het, in stryd was met die Skrif en Belydenis. Hy het sy instemming met die Belydenis betuig en sy spyt uitgespreek. Die Sinode was daarmee nie tevrede nie en het aan hom ’n bedenktyd van drie maande gegee waarna hy “’n skriftelike verklaring sal doen voor die Kuratorium, waarna die Kuratorium volgens gegewe sinodale mandaat verder as gevolmagtigdes van die Generale Sinode sal optree”.
Die Kuratore kon geen oplossing in die saak vind nie. Daar het op 6 Februarie 1946 ’n “buitengewone generale sinode” byeengekom. Terwyl die saak nog onder behandeling was, het prof. De Wet bedank as professor aan die Teologiese Skool sowel as lidmaat van die Gereformeerde Kerk. Die Sinode verklaar daarna: “Aan die einde van ’n lang en sorgelike leerstryd wil die Gereformeerde Kerk opnuut bely dat hy staan op die grondslag van die Heilige Skrif as die onfeilbare Woord van God, dat hy van harte die Drie formuliere van eenheid omhels en wel in die letterlike en historiese sin, terwyl hy aanneem dat alles in hierdie belydenisskrifte ooreenkom met die Woord van God, solank as die teendeel voor die bevoegde kerklike vergaderinge nie bewys is nie.”
Dr. De Wet is later toegelaat as predikant in die NG Kerk en het ’n tyd lank hulpdiens in die gemeente Ventersdorp gelewer, maar sy gesondheid het van 1947 af vinnig agteruitgegaan weens rumatiek.’n Lewenskets by HankDuval.com . URL besoek op 3 September 2013.
Skrywer