Abdelmajid Lakhal (gebore op 29 November 1939 in Bizerte – oorlede op 27 September 2014 in Tunis, Tunisië) was 'n Tunisiese akteur van televisie en teater, asook 'n teaterregisseur.
Biografie Lakhal is op 29 November 1939 in Bizerte gebore en het sy kinderjare in Hammam-Lif deurgebring. Op negenjarige ouderdom het hy sy eerste rol, in Khātimat al-naffāf (Die einde van 'n morfineverslaafde) gespeel.
Van 1966 tot 1967 het hy Flaminio van Robert Merle, Yerma van Federico García Lorca, en die Marshall van Le Bourgeois Gentilhomme van Molière gespeel.
Hy was ook die organiseerder en regisseur van die toere van die Theater die Tunis, wat drie keer in die Théâtre de la Ville (Parys) opgetree het. Verder het hulle in Algerië, Marokko, Libië, Wenen, Egipte en Libanon gespeel.
Rolprente TitelJaarNotas The Messiah van Roberto Rossellini 1975 Jesus of Nazareth van Franco Zeffirelli 1976 Fatma 75 van Salma Baccar 1976 Aziza van Abdellatif Ben Ammar 1979 Mirages van Abdelhafidh Bouassida 1981 La mort en face van Mohamed Damak 1987 Un bambino di nome Gesù van Francesco Rosi 1990 Le vent des destins van Ahmed Jemaï 1991 Échec et mat van Rachid Ferchiou 1993 Fatma van Khaled Ghorbal 2000 Une Odyssée van Brahim Babaï 2000
Teater
Regie as amateur 1960: Les femmes en danger van Ezzeddine Souissi 1964: George Dandin ou le Mari confondu van Molière, met die Renaissance Group 1974: La Vie est belle (operette), met die El Manar Group Theatre 1985: La Vie de temps à autre van Salah Zouaoui 1988: Nahar al jounun (Crazy) van Frej Slama after Taoufik Hakim met die Group of Culture van Ibn-Khaldoun.
Regie as professionele akteur 1971: Huit Femmes van Robert Thomas. (vertaling) 1974: The Merchant of Venice van Shakespeare (vertaling), by die Internationaal Festival van Carthago 1977: Noces de sang van Federico García Lorca 1978: Une nuit des mille et une nuits van Noureddine Kasbaoui 1979: Bine Noumine (Entre deux songes) van Ali Douagi (operette), by die opening van die Internationaal Festival van Monastir 1981: El Forja (The Spectacle) van Lamine Nahdi, by die opening van die Voorjaarsfestival in die Gemeentetheater van Tunis. 1985: La Jalousie van Mohamed Labidi 1986: Volpone van Jules Romains en Stefan Zweig (vertaal deur Mohamed Abdelaziz Agrebi) 1987: Ettassouira van Abdessalem El Bech 1991: Le quatrième monde van Abdellatif Hamrouni, by die opening van Internationaal Festival van La Goulette 2000: El Khsouma (Baruffe a Chioggia) van Carlo Goldoni 2003: Fine Essaada van Taoufik Hakim 2005: De meeuw van Anton Tsjechov (vertaling)
Fotogalery
Eksterne skakels Amptelike webtuiste van Abdelmajid Lakhal Abdelmajid Lakhal in die Internet Rolprent Databasis
Kategorie:Geboortes in 1939 Kategorie:Sterftes in 2014 Kategorie:Tunisiese akteurs