Die Blougrysvlieëvanger (Muscicapa caerulescens) is 'n algemene standvoël in rivierbos en vogtige, oop breëblaarboomveld. Sommige voëls beweeg gedurende die winter na laer areas. Hulle kom een-een of in pare voor. Die voël is 14 – 15 cm groot en weeg 15 - 17 gram. In Engels staan die voël bekend as die Ashy Flycatcher.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Verwysings
Kategorie:Vlieëvangers