Boom Prinsloo (gebore in Bloemfontein, 12 Maart 1989) is ’n Suid-Afrikaanse rugbyspeler wat vir die Cheetahs in Superrugby op flank en agsteman speel en ook vir die Vrystaat Cheetahs in die Vodacombeker en Curriebeker. Hy was tussen 2010 en 2012 'n lid van die Blitsbokke en het sy land in sewe toernooie verteenwoordig.
Prinsloo het die Shimlas van die Universiteit van die Vrystaat in 2010 aangevoer en is aan die einde van die toernooi as die "Speler van die Toernooi" aangewys nadat hy sewe drieë in agt wedstryde gedruk het.
Prinsloo is die 133ste kaptein van die Vrystaatse Rugbyunie se Curriebekerspan.
Eksterne skakels SA Rugby profiel itsrugby profiel
Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyspelers Kategorie:Cheetahs rugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1989 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Afrikaners