Die Grootvlieëvanger (Bradornis infuscatus) is 'n amper-endemiese, algemene standvoël en plaaslike nomade in halfdorre en dorre bossieveld. Die voël is 20 cm groot en weeg 39 gram en kom voor aan die westelike gedeelte van Suid-Afrika. In Engels staan die voël bekend as die Chat Flycatcher.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Vlieëvangers