Die gevlekte lyster (Psophocichla litsitsirupa) is 'n algemene standvoël en plaaslike nomade in oop boomveld met kort gras of kaal onderbos. Die voël is 21 – 23 cm groot en weeg 70 - 85 gram. In Engels staan die voël bekend as die Groundscraper thrush.

Dit is die enigste spesie wat aan die genus Psophocichla gehoort, wat op sy beurt onder die familie van lysters in die orde van sangvoëls ressorteer.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Lysters Kategorie:Voëls van die Krugerwildtuin