Die Natallyster (Zoothera guttata) is 'n seldsame standvoël en gedeeltelike trekvoël in woudonderbos. Hulle broei in kuswoude in die Oos-Kaap en effens verder binnelands in KwaZulu-Natal. Die voël is 20 – 22 cm groot en weeg 62 - 76 gram. In Engels staan die voël bekend as die Spotted Ground Thrush. Die voël se status is bedreigd.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Lysters