Die Grysruglewerik (Eremopterix verticalis) is 'n algemene, amper-endemiese nomade en plaaslike trekvoël in Karoobossieveld, halfwoestyn, grasveld, dorre savanne en landerye. Hulle kom gewoonlik in swerms voor na goeie reën. Die voël is 12 – 13 cm groot en weeg 13 - 21 gram. In Engels staan die voël bekend as die Grey-backed Sparrow-Lark.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Verwysings
Kategorie:Lewerike