Die Swartoorlewerik (Eremopterix australis) is 'n gelokaliseerde algemene endemiese voël en nomade in Karoobossieveld en grasveld, Kalaharisandveld, gruisvlaktes en soms landerye. Hulle kom gewoonlik in swerms voor. Die voël is 12 – 13 cm groot en weeg 12 - 16 gram. In Engels staan die voël bekend as die Black-eared Sparrow-Lark.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Lewerike