Die Namiblewerik (Ammomanopsis grayi) is 'n redelike algemene, amper-endemiese standvoël en plaaslike nomade op kusgruisvlaktes en dieper binnelands in meer sanderige habitats. Die voël is redelik volop noord van Swakopmund. Die voël is 13 – 14 cm groot en weeg 17 - 27 gram. In Engels staan die voël bekend as die Gray's Lark.
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Verwysings
Kategorie:Lewerike