Prins George van Wallis (George Alexander Louis; geb. 22 Julie 2013 in Londen) is die eerste kind van William, Prins van Wallis, en sy vrou, Catherine, Prinses van Wallis. Hy is die eerste kleinseun van koning Charles III van die Verenigde Koninkryk en die tweede aanspraakmaker op die Britse troon ná sy pa. Sy suster, Charlotte Elizabeth Diana, is op 2 Mei 2015 gebore en sy broer, Louis Arthur Charles, op 23 April 2018, albei ook in Londen.

Geboorte upright|duimnael|links|Prins George se geboorte is op dié esel buite Buckingham-paleis aangekondig. Sint James-paleis het op 3 Desember 2012 aangekondig dat die Hertogin van Cambridge haar en prins William se eersteling verwag. Dit is op minder as 12 weke gemaak – vroeër as wat die gebruik is omdat die hertogin aan akute oggendnaarheid gely het en in die hospitaal opgeneem is.

Die hertogin is op 22 Julie 2013 in die St. Mary-hospitaal in Londen opgeneem met die eerste kraamtekens. Om 16:24 (Britse tyd; 15:24 UTC) op 22 Julie is die geboorte van ’n seun aangekondig. Hy het 3,8 kg geweeg. Dit was die eerste keer sedert 1894–1901, tydens die bewind van koningin Victoria, dat drie geslagte troonopvolgers gelyk lewend is.

Op 24 Julie, die dag nadat die hertog en hertogin die baba aan die pers buite die hospitaal gewys het, is aangekondig dat sy naam George Alexander Louis is.

Titel en stamboom Die prins staan bekend as Sy Koninklike Hoogheid prins George van Wallis.

Deur koning Charles is hy lid van die Huis van Windsor en ’n afstammeling in die manlike lyn van die Huis van Glücksburg, wat as konings van Denemarke en Griekeland regeer het. Deur sy pa se ma, Diana, stam hy af van die Spencer-familie. Hy is die tweede aanspraakmaker op die Britse troon. Hy is koningin Elizabeth II se derde agterkleinkind en eerste agterkleinseun.

Voorgeslag van Prins George van Cambridge

Verwysings

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Geboortes in 2013 Kategorie:Huis van Windsor Kategorie:Lewende mense