__NOTOC__ Coracias is 'n Ouwêreldse genus van voëls in die familie van troupante (Coraciidae). Hulle is tuis in boom- en bosveld en is kleurryk geveerd, met blou en bruin as die oorheersende kleure. Hul prooi is ongewerweldes en insekte wat hulle op die grond, in bome of in vlug vang nadat die omgewing van 'n wagpos af bespied is. Die twee buitenste voortone van elke poot is by die basis aan mekaar verbind.

Taksonomie duimnael|links|170px|Linkerpoot van die Indiese troupant (C. benghalensis). Let op die twee buitetone wat aan mekaar geheg is. Die genus Coracias is in 1758 deur die Sweedse natuurkundige Carl Linnaeus in die tiende uitgawe van sy Systema Naturae ingevoer. Die genusnaam kom uit Grieks korakías (), wat heenwys op korax (, ‘raaf, kraai’). Aristoteles het die korakias beskryf as 'n voël van kraaigrootte met 'n rooi snawel, wat volgens sommige die Alpekraai (genus Pyrrhocorax) kan wees.Griekse woordstudiehulp Die tipespesie is in 1855 deur G.R. Gray aangedui as die Europese troupant (Coracias garrulus). Die filogenetiese verwantskappe tussen die spesies is in 'n molekulêre studie van 2018 uiteengesit.

Spesies Die volgende spesies behoort aan die genus:Gill, F., Wright, M. & Donsker, D. (2010). IOC World Bird Names (weergawe 2.6).

Coracias cyanogaster — Bloupenstroupant Coracias naevius — Groottroupant Coracias spatulatus — Spatelsterttroupant Coracias caudatus — Gewone troupant Coracias abyssinicus — Saheltroupant Coracias garrulus — Europese troupant Coracias benghalensis — Indiese troupant Coracias affinis — Birmaanse troupant Coracias temminckii — Sulawesitroupant

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Troupante