Wynand Olivier (gebore op 11 Junie 1983 in Welkom) is 'n Suid-Afrikaanse beroepsrugbyspeler. Hy het lank op senter vir die Bulls (in die Superrugbykompetisie) en vir die Blou Bulle in die Curriebekerreeks gespeel. Hy het ook al 38 rugbytoetse vir die Springbokke gespeel.
In Mei 2013 word daar aangekondig dat hy die Bulls sal verlaat om by die Franse Top 14-span Montpellier aan te sluit.
Eksterne skakels
Olivier se profiel op itsrugby.co.uk
Verwysings
Kategorie:Suid-Afrikaanse rugbyspelers Kategorie:Bulls rugbyspelers Kategorie:Geboortes in 1983 Kategorie:Lewende mense Kategorie:Afrikaners Kategorie:Springbokrugbyspelers