Die Monteirose neushoringvoël (Tockus monteiri) is endemies in Namibië en die suidwestelike hoek van Angola. Dit is 'n algemene standvoël in droë doringveld en breëblaarboomveld en word ook dikwels in klipperige heuwelwêreld gevind. Die voël is 50 – 58 cm lank en weeg 280 - 420 g. In Engels staan die voël bekend as die Monteiro's hornbill.
Fotogalery
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Verwysings
Kategorie:Neushoringvoëls