Douglas Carl "Doug" Engelbart (30 Januarie 1925 – 2 Julie 2013) was 'n Amerikaanse uitvinder wat die rekenaarmuis in 1964 uitgevind het.

Engelbart is op 30 Januarie 1925 in Portland, Oregon gebore. Hy studeer in die 1950's elektriese ingenieurswese en rekenaarwetenskap aan die Oregon State University en die Universiteit van Kalifornië, Berkeley. Na sy studies sluit hy by die Stanford-navorsingsinstituut aan, waar hy aan verskeie konsepte werk, soos e-pos, videokonferensie en ARPANET (die voorloper van die Internet).

duimnael|links|Eerste prototipe van die muis, deur William English, vanaf Engelbart se sketse ontwerp.

Hy sal die beste onthou word vir die rekenaarmuis, wat destyds 'n houtboksie met twee wiele aan was. In 1970 ontvang hy 'n patent vir sy uitvindsel. Die rekenaarmuis het egter eers 'n alledaagse artikel geword nadat die patent daarvan verval het.

Engelbart is in 2000 met die nasionale medalje vir tegnologie vereer.

Hy is op 2 Julie 2013 op die ouderdom van 88 aan nierversaking in Atherton, Kalifornië oorlede.

Verwysings

Eksterne skakels Doug Engelbart se amptelike tuisblad

Kategorie:Amerikaanse uitvinders Kategorie:Geboortes in 1925 Kategorie:Sterftes in 2013