Die muiskleurwindswael (Apus bradfieldi) is 'n gelokaliseerde, algemene, amper-endemiese standvoël en nomade. In Engels staan die voël as die Bradfield's swift bekend.
Voorkoms Die voël is 17 cm lank en 33 – 50 g groot. Die voël is grys- of warm bruin met 'n geskubde borskant. Dit is gewoonlik ligter van kleur as die Europese windswael of die swartwindswael. Die hoof- en byslagvere is eenvormig terwyl die slagvere donkerder as die lyf is.
Verspreiding Daar is twee subspesies: (2013) – IOC World Bird Names (weergawe 3.3) A. b. bradfieldi (Suidwes-Angola en Namibië) A. b. deserticola (die noorde van Suid-Afrika) Die muiskleurwindswael is in beide hierdie streke 'n standvoël.
Status Die muiskleurwindswael het 'n wye verspreidingsgebied en is daarom nie kwetsbaar (vir uitsterwing) nie. Die grootte van die bevolking is nie gekwantifiseer nie, maar daar is geen rede om te glo dat die spesie se getalle kwyn nie. Vir die rede word dit deur die IUBN-rooilys as 'n veilige spesie geklassifiseer.
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Verwysings
Kategorie:Windswaels