Die swartwindswael (Apus barbatus) is 'n algemene standvoël en gedeeltelike trekvoël. Die voël is 18 cm lank en 35 - 50 g groot. Die voël broei in klein kolonies en soms saam met die witpenswindswaels. In Engels staan die voël bekend as die African black swift.
Voorkoms Die voël is groot en robuust en swartbruin van kleur. Dit het ook 'n kleiner ligter keelvlek terwyl die pens dikwels as geskub voorkom. Die rug is donkerder as die byslagvere. Die swartwindswael is effens groter en lywiger as die Europese windswael.
duimnael|links|In vlug by 'n krans te Hlokozi, KwaZulu-Natal.
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Verwysings
Kategorie:Windswaels