Cypsiurus is 'n genus van voëls in die familie van windswaels (Apodidae). Die genus omvat drie spesies.Gill, F., Wright, M. & Donsker, D. (2010). IOC World Bird Names (weergawe2.6).

Hierdie voëls het hoofsaaklik bleekbruin vere en lang teruggevoude vlerke wat soos 'n sekel of 'n boemerang lyk. Die liggaam is skraal en die stert is lank en diep ingevurk, hoewel hulle dit gewoonlik toehou. Jonger voëls kan aan hulle korter sterte uitgeken word en daar is nie 'n groot verskil tussen die geslagte nie. Hulle pote is baie kort en word hoofsaaklik gebruik om aan vertikale oppervlaktes vas te klou, aangesien windswaels nooit vrywillig op die grond sal land nie.

Spesies Cypsiurus balasiensis Cypsiurus gracilis Cypsiurus parvus - Palmwindswael

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Verwysings

Kategorie:Windswaels