Die Kleinwindswael (Apus affinis) is 'n algemene standvoël maar gedeeltelik ook 'n trekvoël. Hulle is inheems aan Afrika (buiten die Sahara), die Midde-Ooste en suidelike Asië, en word dikwels in dorpe gesien. Hulle broei in kolonies en vorm veral soggens en saans kwetterende swerms. Die voël is 12 cm lank en 20 – 30 g groot. In Engels staan dit as die Little swift bekend.

Voorkoms Hierdie windswael is klein met 'n vierkantige stert, 'n breë wit kruisvlek wat om die sye vou. Soos by etlike ander windswaels is daar 'n groot wit vlek op die keel. In vlug lyk die voël kort en plomp, terwyl die vlerke kort en gerond is. Die voël is kleiner as die gevlekte stekelstert, met het geen wit streep oor die pensvere nie.

Fotogalery

Sien ook

Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Windswaels