Die Horuswindswael (Apus horus) is 'n skaars standvoël en intra-Afrika broeiende somertrekvoël. Die voël jag oor grasveld, bergstruikveld, boomveld en halfwoestyn. In Engels staan die voël as die Horus swift bekend.
Voorkoms Die voël is 14 cm lank en 20 - 34 g groot. Die voël lyk soos 'n lywige weergawe van die kleinwindswael met 'n groot kruis en keel. Die mikstert is egter vlak. Die Loandawindswael is blykbaar 'n kleurmorf van die Horuswindswael.
duimnael|links|Verspreiding
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Verwysings
Kategorie:Windswaels