Die Gevlekte stekelstert (Telacanthura ussheri) is 'n gelokaliseerde algemene standvoël oor boomveld en savanne. Hulle kom dikwels voor langs beboste riviere en gereeld naby kremetartbome. Die voël is 14 cm lank en 28 - 36 g groot. In Engels staan die voël bekend as die Mottled Spinetail.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Verwysings
Kategorie:Windswaels