Apus is 'n genus van voëls in die familie van windswaels (Apodidae), wat sommige van die ouwêreldse lede van die familie omvat.

Windswaels is van die vinnigste voëls ter wêreld. Hulle lyk baie soos swaels, maar is nie verwant nie. Windswaels het korter sterte en het sekelvormige vlerke. Hulle spandeer die grootste deel van hul lewens in die lug, en het kort pootjies wat hulle gebruik om aan oppervlaktes vas te klou.

Spesies Die volgende spesies ressorteer onder die genus:Gill, F., Wright, M. & Donsker, D. (2010). IOC World Bird Names (weergawe 2.6).

Apus acuticauda Apus affinis - Kleinwindswael Apus alexandri Apus apus - Europese windswael Apus balstoni Apus barbatus - Swartwindswael Apus batesi Apus berliozi Apus bradfieldi - Muiskleurwindswael Apus caffer - Witkruiswindswael Apus horus - Horuswindswael Apus niansae Apus nipalensis Apus pacificus Apus pallidus - Bruinwindswael Apus sladeniae Apus unicolor

Sien ook

Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Verwysings

Kategorie:Windswaels