Windswaelagtiges (Apodiformes) is 'n orde van voëls waaraan die windswaels en kolibries behoort. Spesies in die orde het lang, smal vlerke en kort pote. Meer as 450 spesies is al geïdentifiseer, wat hulle naas sangvoëls (Passeriformes) die mees diverse orde van voëls maak. In die Sibley-Ahlquist-taksonomie word die orde verhef tot 'n superorde, Apodimorphae, waar die kolibries in 'n aparte orde, Trochiliformes geplaas word.

Taksonomie Orde Apodiformes: Familie Apodidae (Windswaels) Familie Hemiprocnidae (Boomwindswaels) Familie Trochilidae (Kolibries)

Daar is ook twee uitgestorwe families wat aan die orde behoort: Familie Aegialornithidae (fossiel) Familie Jungornithidae (fossiel)

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Verwysings