Gerrie Snyman was 'n Suid-Afrikaanse musikant, komponis, kunstenaar en rolprentmaker.Die Ses Hartbrekers , besoek op 9 Julie 2013 Snyman het in die vroeë dertigerjare sy buiging in die musiekwêreld met sy orkes, Die Ses Hartbrekers gemaak. Sy eerste opnames was onder die vaandel van platemaatskappye soos His Master's Voice. As skilder het Snyman hom hoofsaaklik op landskappe toegelê. Van sy bekendste rolprente is My hart is in die Bosveld en Die Leeu van Punda Maria. Hy is in 1997, op 92-jarige ouderdom, na 'n kort siekbed in Springs oorlede.Het jy gehoor?, Beeld, 8 Augustus 1997

Filmografie As akteur: Die Skelm van die Limpopo, 1962 Die Leeu van Punda Maria, 1954 Die swart mamba My hart is in die Bosveld

As regisseur: Die Skelm van die Limpopo, 1962 Die Leeu van Punda Maria, 1954 Die swart mamba My hart is in die Bosveld

Verwysings

Kategorie:Suid-Afrikaanse akteurs Kategorie:Suid-Afrikaanse regisseurs Kategorie:Geboortes in 1906 Kategorie:Sterftes in 1997