’n Pentakwark is ’n hipotetiese subatomiese deeltjie wat uit vier kwarke en ’n antikwark bestaan wat saamgebind is (in teenstelling met drie kwarke in normale barione). Aangesien die bariongetal van kwarke + en dié van antikwarke − is, sal die totale bariongetal 1 wees, wat as ’n eksotiese barion geklassifiseer sal word.
Michał Praszałowicz het in 1987 die eerste keer die bestaan van pentakwarke voorspel, maar dit was buitengewoon moeilik om te ontdek, en sommige wetenskaplikes het selfs gemeen ’n onbekende natuurwet voorkom die vorming daarvan.
In die middel 2000's het verskeie eksperimente die bestaan van pentakwarke na bewering bevestig, maar latere eksperimente en ’n herontleding van die resultate kon geen bewyse vir die bestaan van die deeltjies oplewer nie.Kyk p. 1124 in
Op 13 Julie 2015 is twee verskillende pentakwarke na alle waarskynlikheid ontdek in eksperimente by die Groot Hadronversneller,R. Aaij et al (LHCb), 2015. Observation of J/ψp resonances consistent with pentaquark states in Λ→J/ψKp decays een met ’n massa van (byna vyf keer dié van ’n proton) en een van . Hulle bestaan uit twee op-kwarke, ’n af-kwark, ’n sjarme-kwark en ’n antisjarme-kwark, wat hulle kwarkonium-pentakwarke maak. Die resultate moet nog verder ondersoek word.
Verwysings
Sien ook Standaardmodel Lys van deeltjies
Eksterne skakel 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Hipotetiese saamgestelde deeltjies