Die savannepapegaai (Poicephalus fuscicollis) is 'n gelokaliseerde, algemene standvoël en nomade in rivierwoud en breëblaarboomveld met groot hoë bome. Die voël is 32 – 36 cm lank en 310 – 340 g groot en is effens groter as die Woudpapegaai hoewel party kenners nie die Savannepapegaai as 'n aparte spesie sien nie. In Engels staan die voël bekend as die Grey-headed Parrot.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Papegaaie en parkiete