’n Tetrakwark is in deeltjiefisika ’n eksotiese meson wat uit vier kwarke bestaan. In beginsel is ’n tetrakwark-toestand moontlik in kwantum-chromodinamika, die moderne teorie van sterk wisselwerkings.
Die eerste kandidaat-tetrakwark is in 2003 in Japan voorgestel. Dié deeltjie sou weeg. In 2007 is die Z(4430)-deeltjie voorgestel wat ’n massa van sou hê, en in 2014 is dit waargeneem by die Groot Hadronversneller.
In 2009 het Fermilab aangekondig hulle het ’n deeltjie ontdek wat voorlopig Y(4140) genoem word, en dit kan ook ’n tetrakwark wees. In 2010 het drie wetenskaplikes data van vorige eksperimente herontleed en aangekondig dat ’n goed gedefinieerde tetrakwark bestaan.
In Junie 2013 het twee onafhanklike groepe die moontlike ontdekking van die Zc(3900)-tetrakwark aangekondig.
Sien ook Standaardmodel Lys van deeltjies
Verwysings
Eksterne skakels 15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Hipotetiese saamgestelde deeltjies