Die woudpapegaai (Poicephalus robustus) is 'n endemiese en afnemende standvoël in Afrobergwoud binnelands van Port Elizabeth en Durban, asook te Magoebaskloof en Lekgalameetse in Limpopo. Die voël is skaars, daar is maar 500 tot 1500 voëls oor; dus is die status bedreigd. Die voël is 30 tot 35 cm lank en 270 tot 320 g groot. In Engels staan dit as die Cape parrot bekend, en in Zoeloe as die isiKwenene. Die savannepapegaai is 'n susterspesie.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Papegaaie en parkiete