Die terekruiter (Xenus cinereus) is 'n skaars somertrekvoël wat voorkom by modderige riviermondings en strandmere met 'n voorkeur vir mangliete en plekke met seegras. Die voël is 22 – 25 cm lank, 65 – 100 g groot met 'n vlerkspan van 50 cm. In Engels staan die voël bekend as die Terek Sandpiper.
Die Terekruiter is die enigste spesie in die genus Xenus.
Fotogalery
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Verwysings
Kategorie:Steltloperagtiges