Die kemphaan (Philomachus pugnax) is in Suider-Afrika 'n algemene somerbesoeker by vleie, mere, riviermondings en aangrensende grasagtige dele. Die streekbevolking word geraam op 50 000 voëls. Die voël word 20 tot 30 cm lank en weeg 120 tot 200 g (wyfies: 80 tot 140 g). Hul vlerkspan wissel van 50 tot 55 cm. In Engels staan die voël as die ruff bekend.
Die kemphaan is die enigste spesie in die genus Philomachus.
Fotogalery
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Verwysings
Kategorie:Steltloperagtiges