Die knoet (Calidris canutus) is 'n gelokaliseerde algemene somerbesoeker by riviermondings en strandmere. Die voël is 'n swerwer binnelands en oorwinter gereeld. Die streekbevolking is ongeveer 8 000 voëls en hulle kom grotendeels voor by Walvisbaai, Sandvishawe in Namibië en Langebaanmeer. Die voël is 23 – 25 cm lank, 110 - 200 g groot met 'n vlerkspan van 58 cm. In Engels staan die voël bekend as die red knot.

Fotogalery

Sien ook

Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Verwysings

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Kategorie:Steltloperagtiges