Omnia is 'n Nederlandse Pagan Folk-musiekgroep wat deur die sanger en liedjieskrywer Steve "Sic" Evans-van der Harten (* 24 Julie 1967 in Nijmegen) en sy vrou Jennifer "Jenny" Evans-van der Harten (* 1980 in Mijdrecht) in Utrecht gestig is. Huidige en gewese lede van die groep was naas Nederland uit Ierland, Cornwall en België afkomstig en het hul stempel op Omnia se musiek afgedruk. Die groep se naam is die afkorting vir die Latynse uitroep Omnia chaos est - "Alles is chaos", een van die groep se leuses.

Omnia se musiekstyl toon invloede van paganistiese, Keltiese en wêreldmusiek en vind sy inspirasies in die natuur, die lewende planeet en persoonlike vryheid. Lirieke word in Engels, Iers, Bretons, Fins, Duits, Latyn en Hindi voorgedra en met deels selfgemaakte akoestiese instrumente soos Keltiese harp, mondharp, hurdy gurdy (pierment), Ierse bodhrán-trom, kitaar, boesoeki, didgeridoo asook 'n verskeidenheid fluite en slagwerk getoonset.

Omnia tree by Middeleeuse, Keltiese, gothic-, wêreldmusiek- en fantasyfeeste in Europa, maar ook in Nederlandse en Duitse teaters op.

Albums Sine Missione (2000) Sine Missione II (2002) OMNIA "3" (2003) Crone of War (2004) PaganFolk (2006) Alive! (2007) Wolf Love (2010) Earth Warrior (2014) Naked Harp (2015) Prayer (2016) Reflexions (2018)

Eksterne skakels Media Omnia: Pagan Folk Lore, in lywende lewe, videosnit op youtube.com Omnia: Tine Bealtaine, albumweergawe, videosnit op youtube.com

Kategorie:Utrecht (munisipaliteit) Kategorie:Nederlandse musiekgroepe