duimnael|300px|Pelindaba soos van die noordekant gesien. duimnael|300px|Pelindaba se geboue.
Pelindaba is Suid-Afrika se hoofnavorsingsentrum oor kernkrag. Dit word deur die Suid-Afrikaanse Kernenergiekorporasie bedryf. Suid-Afrika se atoombomme van die jare 1970's is hier ontwikkel, gebou en gestoor. Dit is naby Hartbeespoortdam geleë, ongeveer 33 km (22 myl) wes van Pretoria op 'n plaas wat aan Gustav Preller behoort het.
Geskiedenis Die reaktor, SAFARI-1 word sedert 1965 vir navorsingsdoeleindes bedryf. Die reaktor kan tot 20 MW elektrisiteit lewer. 'n 4 MV Van de Graaff-partikelversneller word ook bedryf om navorsing in kernwetenskappe te bevorder.
Die Suid-Afrikaanse Kernenergiekorporasie is in 1999 deur die Republiek van Suid-Afrika as 'n openbare maatskappy gestig.
Ongelukke Die 1996-ongeluk In 1996 word werkers by die fasiliteit aan bestraling blootgestel. Harold Daniels en verskeie ander sterf aan kanker en brandwonde wat met die blootstelling verband hou.http://www.pmg.org.za/mp3/2007/070620pcenviro1.mp3
Die 2009-lekkasie Op 16 Maart 2009 is berig dat 'n lekkasie plaasgevind het en dat radioaktiewe gasse uit die fasiliteit ontsnap het. Abnormale vlakke van gamma-straling wat verband hou met xenon- en kripton-gasse is opgespoor. 'n Noodtoestand is verklaar en personeel is van die perseel ontruim.http://www.digitaljournal.com/article/269315
Verwysings
Sien ook Valindaba
Kategorie:Gauteng Kategorie:Kernkragsentrales Kategorie:Kerntegnologie in Suid-Afrika